Showing posts with label WOORDE. Show all posts
Showing posts with label WOORDE. Show all posts

Saturday, 15 November 2014

Woorde





Hoor my gebed, o God, luister na my woorde.  – Ps 54:4

Is ons soms geneig om sommer maar net te praat, sonder om eintlik aandag te gee aan wat ons eintlik besig is om te sê?  As ons wel sou let op wat ons sê, sal ons miskien verstom wees om die woorde te hoor wat ons regtig gebruik ...

Dit is belangrik dat ons moet probeer oplet wat ons sê, selfs in die oppervlakkigste geselskap, want woorde beskik oor ‘n skeppende krag wat, as ons hulle reg gebruik, tot seën kan wees vir andere om ons.  Ons woorde kan ook kragtige bevestigings wees wat die goedheid van God in ons  lewe laat seëvier.

Dis nie net ons eie lewens wat beïnvloed word deur die woorde wat ons uiter nie, dit raak ook die lewens van almal wat dit aanhoor.

Ons gereelde tye van gebed – van kommunikasie met die Heer van ons hart, sal dit vir ons al hoe makliker maak om slegs mooi, opheffende woorde te gebruik, tot ons eie sowel as ons medemens se seën.

Deur gebed word ons denke verander, en ons woorde weerspieël die mooi en aangename gedagtes wat ons dink.

Gebed:  My gedagtes en woorde gaan vandag net opheffend wees!

~ Uit Daelikse Woord ~

Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
(Poppie Oosthuizen)



Tuesday, 19 June 2012





WOORDE


“Here, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.” – Ps. 141:3


Ek sal weier om my gedagtes uit te spreek as hulle nie liefdevol, vriendelik of waar is nie.  Vandag sal ek op my woorde let en alleen daardie woorde en gedagtes uitspreek wat ek graag sal wil sien vermenigvuldig in my lewe en in my wêreld.  Ek erken die mag van die gesproke woord en let fyn op na wat ek sê, sodat my woorde tot seën sal wees vir alles en almal met wie ek hierdie mooi dag mag deel.

Deur Sy teenwoordigheid in my het ek die mag om die onnadenkende en onvriendelike woorde wat by my opkom te verwerp voordat ek hulle uitspreek.  Ek hoef nie op ‘n ander se onvriendelikheid te antwoord nie.  Ek hoef nie vrees of twyfel uit te spreek nie.  Ek het geen rede om my woede te lug nie.  Binne-in my is die Antwoord op al my behoeftes.

Vandag sal ek God aanstel oor my gesprekke.  Ek sal my woorde aan die waarheid toets en net dit wat mooi en goed is in woorde uitspreek.


Gebed:  Stel vandag ‘n wag voor my mond, o Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~




Tuesday, 24 January 2012





WOORDE

Here, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
Ps. 141:3  (OV)

Stel vandag ‘n wag voor my mond, Heer.  Ek weier om enige gedagtes in woorde te omskep as hulle nie liefdevol, vriendelik en waar is nie.  Ek sal streng toesig hou oor my woorde, en slegs gedagtes oordra wat ‘n seën inhou vir my, vir almal om my en in my wêreld.  Bewus van die mag van die gesproke woord, hou ek die gesprekke wat ek met andere voer fyn dop.  Ek kleur elke woord wat ek sê met die liefde van Hom wat woon in my hart, gevleuelde woorde van liefde en lig wat almal om my opbeur en gelukkig maak.

In sy krag beskik ek oor die mag om elke onnadenkende, onvriendelike woord wat skielik by my opkom, te verwerp voordat ek hulle uitspreek.  Ek hoef nie op ‘n ander se onvriendelikheid te reageer nie.  Ek hoef nie vrees of twyfel uit te spreek nie.  Ek het geen rede om my woede te lug nie – binne-in my is die antwoord op al my behoeftes!

Dankie, Heer, vir die wonder van U teenwoordigheid in my denke en in my hart, wat my in staat stel om met my lig-woorde U vriendelike, goedige, opregte kind van die lig te wees.

Gebed:  Stel U vandag ‘n wag voor my mond, Heer!

~ Uit Daelikse Woord ~