Showing posts with label Welkom!. Show all posts
Showing posts with label Welkom!. Show all posts

Monday, 11 January 2016

Welkom!








Welkom!


Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde.  -  Jesaja 65:17 (OV)


“WÉLKOM!” roep ek.   “Wélkom lewe en wélkom núwe dag en week!”   Die duisternis het verdwyn en die skadus het gevlug voor die koms van híérdie *wónderskone* dag.  Álles voel núút en skóón om my – óók my hart sing sáám met die voëltjies die nuwe dag ‘n wélkomsgroet toe, en grétig wag ek op die seëninge wat Vader vándag vir mý gaan bring!


Wélkom geluk!  Wélkom blydskap!  Kom *bínne* en blý by *mý*.  Ek is kláár met kommer en sorge.  Ek is klaar met núttelose spyt.  Ek is núút – die léwe is nuut, die dág is nuut!  Ek verhéúg my in die *wonder* van Gods Lig, Liefde en Krag, wat so helder in en deur my, en in  en deur alles wat bestaan skyn.


Ek staan óp en is reg vir énige uitdaging wat op my pad mag kom.  Ek gaan ‘n wénner wees in die krag van my *éíé*  inwónende Christus, en gaan ‘n *núwe* lewe bou – ‘n lewe *vól* en *rýk*, in harmónie met GÓDS plan vir mý!


Wélkom lewe!  Wélkom nuwe dag én week!  Dánkie-dánkie-dánkie, dierbare Heer, dat ék in *híérdie* wónderlike wêreld kan lewe!


Gebed:  Wélkom lewe!  Wélkom nuwe dag én week!  Dánkie JESUS vir die *groot* voorreg om te kan lewe!!  *Wýs* my wat ek vandag vir *Ú* kan doen ...



Uit Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









Tuesday, 17 June 2014





WELKOM!


Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde.  -  Jes 65:17 (Ou Vert.)


“Welkom!”  roep ek.  “Welkom lewe en welkom nuwe dag!”  Die duisternis het verdwyn en die skaduwees het gevlug toe die nuwe dag gebreek het.  ‘n Gees van nuutheid heers in die huis wat my hart is.  Ek wag gretig op die goeie wat op pad is na my toe.

Welkom geluk!  Welkom blydskap!  Kom in en bly by my.  Ek is klaar met terneergedruktheid en bedroefdheid.  Ek is klaar met nuttelose spyt.  Ek is nuut, die lewe is nuut.  Ek voel helderheid en ‘n glorie wat alles deurstraal.  Ek is omring met die wonder en die skoonheid van Gods liefde.

Ek kom reg.  Ek kan alles tegemoetgaan en oorwin.  Ek kan ‘n nuwe lewe bou – ‘n lewe wat ryk, vervullend en na my smaak sowel as na God se smaak is.

Welkom lewe!  Welkom nuwe dag!  Ek is bly om te lewe en om in hierdie wonderlike wêreld te kan leef.


Gebed:  Welkom lewe!  Welkom nuwe dag!


~ Uit Daelikse Woord  April 1990 ~


(Ek versamel hierdie stokoud Daelikse Woord boekies wat nou Wees Lig genoem word.  As julle daarvan het en dit nie meer gebruik nie – stuur dit asb vir my.  Hulle sal ‘n ereplekkie hê in my versamelinkie!  Baie dankie,  Poppie Oosthuizen - My epos adres is:  mamma333@gmail.com )