Monday, 1 February 2016

Hoop vir die toekoms









HOOP VIR DIE TOEKOMS



Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde 

wat ek gaan maak, in my diens sal staan ... 

so sal julle ... in my diens staan.




Jesaja 66:22




God se Spierwit Klippies / Facebook




Daar is mense wat daagliks smekend bid





Foto  :  Juwele uit die hart / Lida vd Wel




Toe sy ouers vir hom gebid het








TOE SY OUERS VIR HOM GEBID HET

deur Pastoor Piet Smit


Die jongman, kom ons noem hom Jaco, van wie ek vertel het wat van die huis weggeloop het om in die S.A. Weermag te veg tydens die Tweede Wêreld Oorlog, het een van sy ervarings met my gedeel.
Hulle moes voorrade met die vragmotors aanry na hulle basiskamp. Die terugtog ontaard toe spontaan in ‘n resies tussen hom en ‘n medesoldaat. Beide vragmotors ry teen maksimum spoed en elkeen trag om die ander een uit te oorlê. Hulle jaag later langs mekaar. ‘n Ent voor hulle was ‘n spoorlyn wat hulle moes oorsteek. In die jaagtog gewaar hulle ‘n trein wat aankom op die spoor en dit was duidelik dat hulle almal gelyktydig die oorgang gaan bereik – vragmotors en die trein. Beide manne het besef dat die een wat eerste oor die spoor is, sal wen, want net een kan oor by daardie vernouing by die spoor. Die een wat moes wag vir die trein om eers verby te gaan sal noodwendig tweede eindig.
So trap elkeen die petrolpedaal van sy vragmotor so wat hy kan en hou terselfdertyd die trein dop wat ook nader snel. Met ‘n halwe sekonde is Jaco voor sy opponent en oor die oorgang. Hy mis die trein net-net, maar die ander soldaat wat nie wou verloor nie druk die neus van sy vragmotor op hoogste spoed voor die aankomende trein in. Die botsing is so geweldig dat dit die vragmotor met volle krag van die spoor afgevee het. Dood op slag! Die resies het baie tragies geëindig.
Na die oorlog, met Jaco weer by die huis, vra sy ma hom op ‘n dag: “Seun, daar was ‘n spesifieke dag dat ek en jou pa doodbenoud was oor jou. Die Heilige Gees het ons gelei om onmiddellik vir jou in te tree in gebed Ons het ervaar dat jy in gevaar verkeer en het vir jou begin bid. Ons het gebid totdat ons gevoel het die nood is verby.”
Toe hulle die dag en die datum begin sinkroniseer vind hulle uit dit was presies daardie dag en tyd dat hy en die ander soldaat resies gejaag het en dit die ander soldaat se gekos het. (Sien Mat. 15:28)
Die gebede wat ouers vir hulle kinders bid, is geweldig kragtig. Hierdie is ‘n moed-gee verhaal om jou as ouer aan te moedig om vir jou kinders te bid wat nog nie gered is nie.


GEBED VIR JOU ONGEREDDE KIND


O Here, groot is U trou. Dink aan my kinders wat U nog nie dien nie. Werk in hulle harte deur U Gees dat hulle Jesus sal inlaat in hulle lewens. Amen.

Watter verskoning het jy om nie die Woord van God te verkondig nie?









Want as iemand aan Christus behoort, het hy 'n nuwe mens geword. Dan is sy ou lewe verby, en 'n nuwe lewe het vir hom begin! Dit is God wat hierdie verandering maak. Dit is Hy wat vir Jesus Christus gestuur het om vrede te maak tussen Hom en ons en nou stuur Hy ons om vir ander te vertel dat God met hulle vrede wil maak.


.
2 Korintiërs 5:17,18




Jongman Vuurwarm vir JESUS Bediening / Facebook





Ek het niks nodig wat hierdie wêreld vir my kan aanbied nie!








Ek het niks nodig


wat hierdie wêreld


my kan aanbied nie ...


J✻E✻S✻U✻S


is genoeg!!!






.
Jesus se Dogterkind / Facebook

Hoe lyk 'n Suid-Afrikaanse Christen?








Hoe lyk ‘n Suid-Afrikaanse Christen?


Ek wonder of ons in die oë van die Here kwalifiseer vir die eretitel “Christen”? Ons wat so maklik met mekaar praat asof ons vyande is en tog lees ons dieselfde Bybel, gaan Sondae kerk toe, en praat graag van ons as ‘n Christelike volk. Ja, solank die Here net nie van ons verwag om soos Christene te lyk wanneer ons polities van mekaar verskil nie.


Mag God ons genadig wees. Want soos ons nóú aangaan, mag ons eendag van die Here hoor: “Ek ken julle nie, ondanks al julle vroom praatjies en kerkbesoek het julle Mý nooit aanbid nie.”


Ek lees in Handelinge 2:44-47: “Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel ... Die hele volk was hulle goedgesind ...


Waarom? Omdat hulle Christene was en soos Christene gelyk het.



Henno Cronjé : Genadestories wat bemoedig






Leiding










Leiding


Vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.  -  Ps. 54:6


Heer van my hart, ek weet, géén weg is beter as *Ú* weg nie, daarom bid ek nou dat ek bewus mag wees van U leiding, al is dit hóé onopsigtelik.  Soms is dit net ‘n gevoel waarvan ek bewus word, en skielik verstaan ek en weet ek wat *Ú* wil hê ek moet doen óf *níé* moet doen nie om in harmonie met U plan vir my te bly.


Dánkie Heer, dat  U só *bý* my is wanneer ek ‘n krisis deurmaak.  *Níks* kan my breek nie, want *Ú* wysheid en krag is my stók en my stáf, en *níks* sal my ontbreek nie.  Ú liefde en sorg gee my die moed en durf om vas te staan, wát ookal die omstandighede mag wees.


Diep in my hart wonder ek tóg wat vandag alles op my wag, want ek is maar nét ‘n nietige mens, máár ek bekommer my nie oor wat “dalk mag” gebeur nie:  wánt *Ú* is die Koning van die Heelal in al u glorie, en sal élke oomblik bý my wees.  Sáám sal ons wenners wees, en met lóf slaag aan die eise  wat die dag aan ons mag stel.


Hóé wonderlik om met ‘n geliefde Vriend en Vader soos *Ú*, elke dag, énigiets aan te durf!


*Ú* lei Heer, en ék volg.  Wat ‘n ongelóóflike voorreg!




~ Uit Daelikse Woord aangepas ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com