Tuesday, 15 March 2016

Kaalvoet oor 'n berg stap








Jesus se Kaalvoetkind Bediening / Facebook










Gee en ontvang









GEE  EN  ONTVANG


Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief.  Julle moet in my liefde bly.  -  Joh. 15:9


Die proses van gee en ontvang mag soos twee afsonderlike aktiwieite lyk wat niks met mekaar te doen het nie.  Die waarheid is egter dat albei nodig en belangrik is in die deel en verspreiding van Gods seëninge.


Ons mag byvoorbeeld baie graag gee, maar ongemaklik voel wanneer andere weer aan ons iets wil gee.  As dit die geval is, moet ons net onthou om te kan gee, daar altyd iemand moet wees wat ontvang.


Aan die ander kant mag dit vir ons baie moeilik wees om te gee.  Dan moet ons net oppas dat ons nie versmoor word onder allerhande rommel nie.  Ons mag selfs traag wees om ons liefde teenoor andere te betoon, totdat die vloei daarvan uiteindelik totaal geblok is.


As ons die goeie wat ons ontvang egter teruggee aan die wêreld, sal al hoe meer seëninge ons lewens binnevloei en uitvloei.


Met ‘n dankbare hart en oop gemoed gee en ontvang ons in oorvloed.


Gebed:  Ek gee met liefde en ontvang met dank.




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Saturday, 12 March 2016

TROOS









TROOS


Hy verkwik my siel.  -  Psalm 23:3


Niémand kan tussen my en my Heer en Sy grote liefde kom staan nie.  Daar mag baie dinge in die lewe wees wat ek nie so mooi verstaan nie, maar één ding verstaan ek baie goed, en dit is dat ek áltyd omvou word in die liefde van Christus, dat Hy altyd daar is om my te léí en te vertróós.  As één deur in my lewe toegaan, gaan ‘n ander een oop waardeur nuwe lig en vrede my hart en lewe binne-vloei.


Ek onthou die woorde van Jesus, en rus in die vrede wat dit my bring: “Laat julle harte nie ontsteld wees nie.  Kyk, Ek is met julle al die dae.”


Dis Hý en ek, elke dag sý aan sý in my lewe.  Al gaan ek ook deur dónker dieptes, Hy is bý my – na waters waar rus is, lei Hý my stadig maar séker heen.  Net dié wete dat ek nóóít alleen is nie, dat Hy te álle tye en onder álle omstandighede bý my is, vul my met núwe moed en krag!


Die vrede wat ek in my stil tye by Hóm vind, verkwik my siel.  My liggaam en gemoed is kálm en rústig, en híérdie kalmte en rus verlaat my níé in my tye van nood nie.


Gebed:  My Heer verkwik my siel!




~ Uit Daelikse Woord ~


  Trane in God se Fles / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com