Showing posts with label HEER. Show all posts
Showing posts with label HEER. Show all posts

Wednesday, 24 April 2013






U DAG,  HEER!

Ek het die Here altyd by my omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.    Ps.  16:8

Vandag is U dag, Heer van my hart.  Ek weet ek sal nie struikel nie, want U is by my.  In diepe ootmoed dra ek hierdie dag op aan U – gebruik my Heer, soos en waar Ú wil.  Laat dit wat Ú in gedagte het vir vandag, mý doelwitte word, sodat dit tot stand kan kom net hier waar ons nou is – U en ek.

Neem my hand dierbare Heer, en lei my op die regte weg vir my.   Laat U liefde in my hart mý liefde wees, en duidelik gehoor word in alles wat ek doen.   Laat die goeie wat Ú wil Heer, die goeie word wat ek doen, en die goeie uitlok in almal wat vandag ons pad mag kruis.

Neem my hand Heer, en lei my op die regte weg vir my.   Laat U lig my gedagtes verlig, en duidelik gesien word in die insig en begrip waarmee ek alles benader wat op ons weg mag kom.  Op Ú lig, U liefde en krag is alles wat ek vandag mag doen of besluit, geskoei, dierbare Heer van my hart.  Die wonder van U by my en in my, laat my siel sing van pure vreugde!

Gebed:  Vandag is U dag, Heer van my hart!

~ Uit Daelikse Woord ~



Wednesday, 9 November 2011




DANKIE, HEER


En nou loof ons U, ons God, ons prys U glansryke Naam.  – 1 Kron. 29:13


Dankie, Heer, vir hierdie mooi wêreld wat U geskape het.  Die uitspansel, die sterre, die wolke – alles is ‘n nimmereindigende bron van verwondering.  Die bome, die blomme, die diere – die ganse wêreld weerspieël U orde en skoonheid.

Dankie, Heer, vir die gevoel van eenheid en harmonie met die mense in my lewe, wat in my ontwaak – nie net vir diegene wat ek liefhet nie, maar vir elkeen wat ek elke dag mag teëkom.  Ons word almal in U liefde toegevou.

Dankie, Heer, dat U my geseën het met ‘n sagte hart.  Ek is ontvanklik vir U liefde, wat deur my vloei en sigbaar word in die liefde en goedhartigheid wat ek met andere deel.

Dankie, Heer, vir die gevoel van waardering wat U in my geplant het, want ek weet ek is ryklik geseënd.  Ek is ‘n geestelike wese, wat elke dag blymoedige voortgaan in U lig.  Ek loof U en dank U, Heer, want U is altyd met my.  U vou my toe in U liefde.


Gebed:  Dankie, Heer, vir alles!


~ Uit Daelikse Woord ~