Saturday, 26 March 2016

DIE SABBATDAG 26 Maart 2016








DIE  SABBATDAG


Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. (Jesus) -  Lukas 23:43


Dóódstil was dit dáárdie Sáterdag in Jerusalem ...  Tróósteloos het die volgelinge van Jesus tuis gebly.  Sy dissipels het met gebróke harte êrens geskuil – hulle was báng!  Maar wáár was Jesus dan?  Waarom het Hý hulle nie kom troos nie??  Die Bybel sê vir ons waar Hy was:  Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!”  het Hy vir die man langs Hom gesê.  Dis wáár Jesus was tot die derde dag.  Miskien ‘n voorbereiding van die nuwe liggaam waarin Hy verder sou leef?


Stil het dáárdie dag verbygegaan, stil was Jerusalem – in sak en as sy volgelinge.  Ás hulle maar gewéét het, die Poort tot binne-in die koninkryk van God het wáwyd oop gestaan!


As hulle maar kon síén en wéét wat ons vándag weet – dat dit ‘n Meersterplan van God was wat besig was om te ontvou, en hulle net moes stil wees en wag, vir die wonder wat op hande was!sou hulle seer sékerlik opgestaan en geloop het!  Maar óns?  Ons wat die hele Plan nóú sien, wát verhoed ons om *NÓÚ* vir God dankie te sê daarvoor?  Dánkie vir Jesus, die Kóningskind, wat vir *óns* gekies het as Sý broers en susters!


Gebed:  Ú my Hemelse Jesus my broer, Heer?  Dankie, dankie, *DANKIE* daarvoor!




~ Uit Daelikse Woord ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





GOEIE VRYDAG 25 Maart 2016









GOEIE  VRYDAG


Vader, in U hande gee ek my gees.  -  Lukas 23:46


Goeie Vrydag – ‘n swart Vrydag wat ‘n goeie Vrydag geword het.  Die dag van alle dae soos daar nog nooit in die bestaan van die wêreld was nie.  ‘n Dag wat nog steeds eerbiedig word deur Christene dwarsdeur die wêreld – die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n nuwe era was.


Die dag toe God sy eniggebore Seun, Jesus Christus, gegee het om te sterf, sodat ons, die hele mensdom, deur Sý bloed van óns sondes gereinig kon word:  “ ... die bloed ... wat vir baie vergiet word tot vergewing van ons sondes.”  (Matt. 26:28)


Die dag toe Jesus, deur te sterwe, ‘n deur vir óns oopgemaak het sodat ons déúr hom dírék met God kan kommunikeer.  Dié dag toe Sý Vader ook óns Vader geword het – die dag van álle dae toe God ‘n God van Liéfde geword het.


Laat ons dan ook híér waar ons aan die voet van die kruis kniel, nie ween nie, maar ons hárte na Hom toe úíthou en die woorde van Jesus ons éie maak:  “Vader in U hande gee ek my gees – my léwe, my álles.”


Gebed:  Vader, in U hande gee ek my gees – my léwe, my álles.


Op my pad van Lig is my Redder áltyd daar!




~ Uit Daelikse Woord ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com




Wednesday, 23 March 2016

TROOS








TROOS


Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos.  -  Jes. 66:13 (1953 Vertaling)


In elkeen van ons behoeftes kan ons séker daarvan wees dat ons Heer van Liefde áltyd met ons is, áltyd besig om ons te troos, op te hef en te versterk, selfs in die mees uitdagendste omstandighede en al is ons nie eens bewus daarvan nie.


Die behoefte daaraan om vertroos te word, die duur en die diepte daarvan, verskil tussen elkeen van ons.  Om van ‘n geliefde geskei te word, of dit deur die dood of egskeiding is, of ‘n verhouding wat op die rotse geloop het – kan maak dat ons baie alleen en verlate voel.  So ook talle ander pynlike situasies wat ons moet deurgaan.


Maar vir élkeen van ons wat deur só ‘n moeilike tyd gaan, *ís* daar hoop, want binne-in ons is daar ál die liefde, krag en moed wat ons ooit mag nodig kry, deur God ons Vader, om ons te dra deur die diépste duisternis van verdriet heen.  Hy sal ons nóóit begewe of verlaat nie, en al verander álles om ons, Hý *ís* en bly áltyd ons konstante metgesel.  Hy lúíster na ons wanhoop – Hy vertróós ons en héél die wonde van ons stukkende hart met die hélende salf van Sý troue liefde.  Ons hoef net te luister en ons sal hoor hoe Hy vir ons sê:  “Ek is hier!”


Gebed:  In Ú liefde, Heer, vind ek wéér rus.




~ Uit Daelikse Woord ~

  Trane in God se Fles / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com







Tuesday, 22 March 2016

HOE GRÓÓT DIE VOORREG HOE DÍÉP MY DANK









HOE  GRÓÓT  DIE  VOORREG  HOE  DÍÉP MY DANK


‘n Voorreg wat God ... aan my gegee het deur sy  krag in my te laat werk.  -  Ef. 3:7


Die krag wat God aan my gee, is die krag van die Heilige Gees – die essensie van die lewe self, wat, as ek dit erken en my eie maak, my sal omskep in ‘n strálende, sterk, gesonde Ligwese.  Daar is géén negatiewe Krag wat hóégenaamd staande kan bly voor hierdie Krag wat die polsslag van die lewe sélf is nie.


Maar hóé maak ek dit my eie sodat ek só stralend gesond en sterk kan word soos wat ek is in hierdie wónderkrag van God?  Die antwoord is só eenvoudig – seën die kós wat jy eet – die wáter wat jy drink, en jy laat die léwegewende essensie wat in die kern van God is héle skepping is, vry.  Jou líggaam absorbeer dit, en jy sal hernú word tot blákende gesondheid en éwige jeug.


Maar nog méér – die stille seën omskep dit wat ons innéém in die spyse wat God ons gee – dit voed ook die síél – en ons liggaam word ‘n vólwáárdige Tempel van God, in en deur wie Sý krag en liefde en lig óngestóórd kan vloei en werk.


Gebed:  Hóé gróót die voorreg – hóé díép my dank!




~ Uit Daelikse Woord ~




  Kanker Kringetjie / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Saturday, 19 March 2016

Waarom ek bid







WAAROM  EK  BID


Dit is God wat in julle werk.  -  Filip. 2:13 (OV)


Vandag bid ek, en soos die bome wat so kaal en dor in die winter staan, en tog, in die kern van hul stam met magtige werke besig is, al kan ons dit nie sien met ons menseoog nie, so is die werke van God ook in my en in almal wat saam bid.


Ek bid, want ek gló in die krag van gebed wat die krag van God vrylaat.  ‘n Krag so stil en sonder basuingeskal, maar tog sterk genoeg is om ‘n roering in die plante om ons te laat plaasvind ter voorbereiding van nuwe stralende lewe in die lente, wat voëltjies laat sing en diere laat huppel!


Dis die lewegewende essensie van Gods krag wat alles, ook vir ons, weer jonk en nuut kan maak, wat ons land weer jonk en mooi en nuut kan maak, en ons wêreld kan red uit die haat en nyd en lis wat al so die oorhand begin kry het.


Dis waarom ek bid.


Gebed:  Ek bid en God werk in my!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com