Friday, 29 July 2016

Vir GOD is jy soos die mooiste blom





Jy is Myne Virewig





Goue Strate








KIND VAN DIE LIG








KIND  VAN  DIE  LIG


 Ek het gekom ... om die wêreld te red.  -  Joh. 12:47

  
Geliefde kind van die lig – wandel in My lig, en Ék wandel saam met jou, met ál My lig, My liefde en krag daar vir jou.  Sag en teer neem Ek jou hand in Mýne, en ...
My lig raak jou brein aan met éíndelose wysheid.  My liefde raak jou hárt aan met allesomvouende déérnis.
My krag raak jou léwe aan met allesoorwinnende krag, en My wens is dat jy hierdie wýsheid, hierdie líéfde en hierdie krág op élke gebied van jou lewe ten vólle sal uitleef.
Vra Ek nou té veel my liewe kind?  Onthóú My Lig en Liefde en Krag is al so ‘n déél van jou, dat *dít* wat Ek nóú vra nie buite jou bereik is nie!  En *hóé* bly-gelukkig sal jy My maak as jy *híérdie* verlange van My ernstig opneem, want *só* kan híérdie deurmekaar stukkende wêreld van julle nóg gered word!


Gebruik my Líg in jou denke, gebruik my Líéfde in jou hart en my Krág in jou werke, en Ék sal jou waarlik nóóit begewe óf verlaat nie.  Slegs één gebed, en jy is bý My!



Gebed:  Dankie, dierbaarste Heer!  Ek sal wees wat *Ú* wil hê ek moet wees *ín* U!


~ Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook







Saturday, 9 July 2016

PYN IS NIE STRAF NIE







PYN  IS  NIE  STRAF  NIE


Dag ná dag dra  GOD ons.  Hy is ons hulp te alle tye.  Genade trek ‘n streep deur die gedagte dat lyding die gevolg van sonde is.  God is nie die oorsaak van ons lyding nie.  Ook word ons nie gestraf deur pyn nie.  Die wonderwerk van die blinde man wat genees is, het ‘n boodskap vir ons:  Jesus kan deur en te midde van ons lyding verheerlik word.  -  Sarah Jane Wessels


“Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”  -  Johannes 9:3



Inspirasies vir Vroue wat Glo Twee / Facebook



GENEES







GENEES


Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak.  -  Psalm 107:20


HEER, net die noem van u  NAAM, vul my met núwe lewenskrag.  *Ú* Naam weerklink deur my siel en liggaam, en elke sel ontwaak tot Ú heilige teenwoordigheid in my.


By *Ú is daar léwe en hérlewing!  As ek aan Ú dink, en hoe U in der waarheid hierdie liggaam as U tempel gebruik, vul ‘n ongekénde vreugde en dank my hárt en síél.  Is dit nie wónderlik dat slegs één woord, één gedagte aan *Ú*, só ‘n herlewing tot gevolg kan hê nie!  Ek besef nou weer opnúút hoe gróót die helende krag van gedagtes en woorde is.


Dánkie, Vader, vir Ú lewe wat *ín* en *déúr* my straal – vir *Ú* krag wat héél en genéés en my vúl met núwe, strálende, energie en léwenslus.


*Ú* krag werk nou *ín* en *déúr* elke sel en atoom van my héle wese, *Ú* liefde skep samewerking en harmonie tussen elke spier en orgaan in hiérdie liggaam, en in *Ú* lig staan ek op – ‘n hélder strálende gesonde kind van die lig, tot *Ú* eer en verheerliking!


Gebed:  Dankie, Vader, in Ú krag is ek gesond en sterk!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening /Facebook



Tuesday, 21 June 2016

GOD MET MY









GOD  MET  MY


Want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.  -  Jos. 1:9 (OV)


God is mét my as *krág*.  Sy léwenskrag pols in my hart en vloei deur my are, en my liggaam word dáárdeur genéés, hernú en verstérk.  Ek is vúl energie en léwenslus!


God is mét my as *líéfde*.  Sy líéfde vúl my hart. Dit vloei déúr my en skep hármonie tussen my en álmal en álles wat my lewe aangaan.  Wýer en wýer kring hierdie ongelooflike liefde uit, tot seën van my gelíéfdes en tot seën van my wêreld.


God is mét my as *líg*.  Sy líg skyn hélder in my denke, en seën my brein met lig-gedagtes en die intelligensie om die lig-gedagtes te omskep in lig-idees wat ek kan toepas in my lewe, om só ook mý deel te doen om sý Plan van Liefde en Lig vir die aarde te laat seëvier.


Met my Héér aan my sy is ek ‘n wénner op élke gebied van my lewe – ‘n wáre kind van die lig só nodig op hiérdie aarde vandag, waar duisternis en wanorde só hard probeer om die oorhand te kry.


Dánkie, Heer van my hart, dat *Ú* elke sekonde mét my is!


Gebed:  *Ú* en ek Heer, tesame is ons ‘n wenspan!



~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook