Saturday, 26 August 2017

Jy SAL vir JESUS vind!









GOD sal NOOIT ophou OMGEE nie!!!








TRÓÓS







TRÓÓS
~ Daelikse Woord ~


Al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig.  -  Miga 7:8


Híérdie boodskap is vandag vir almal wat mismóédig, ternéérgedruk en depréssief is en "in sak en as in die duisternis onder 'n besembos sit"  en hul wonde probeer lek:  "Skep móéd.  Die donker wolke sál verdwyn en die duisternis sal wéér verander in lig.  Jy sal wéér opstaan!"


Daar is *níks* in die hele wêreld wat die mág het om ons neerslagtig en mismoedig te hóú nie.  Géén mens het die mag om ons onder te *hóú* nie.  Dit is wel in *óns* mag om vir ons gedagtes en ons gevoelens te sê: "Tot híértoe.  Ek staan nou wéér op!  Níé alleen nie, maar met  JESUS in my!"


Ons *ís* in staat om wéér op te staan, omdat ons God se *éíe* Christusgees *binne-in* ons het!


Ons kan opstaan omdat God se *líéd van die léwe* deur ons are vloei.


Ons *KÁN* opstaan uit  ÉNIGIETS  wat ons probeer onder hou, ómdat  GÓD se KRAG deur Jésus Christus in élke *klop van ons hart* is.


Ons *KÁN* opstaan!!  En as ons dit nie *sélf* kan regkry nie, sal ons  liefdevolle Hémelse Vader ons sélf kom oplig.  Ons Christusgees styg vêr, vêr bokant die wolke uit.  Ons sweef op die *vlérke* van die *musikale klanke van ons gebede*, wat ons opstuur na ons Skepper, en ons hart sing *wéér*  lewensblye psalms vir Hom.


Gebed:  Ek staan *wéér* op, want my JESUS gee my *krág* en ek sweef *vrý* saam met die arende hóóg, bo in die lug!  Amen.


Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook



 


Thursday, 24 August 2017

GOD SE BELOFTES









VRY








DIE GEHEIME PLEK







DIE  GEHEIME  PLEK


Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was.  -  1 Kor. 2:7


Díép binne-in ons hart is daar 'n *gehéíme plek* - 'n plek van vréde, van réínheid en ónvoorwaardelike liefde.  In hierdie geheime plek vind ons *ál* die krag, die tróós, *én* die wysheid wat ons  te énige tyd mag nodig hê.


Hierdie plek noem ons ons *díépste, innerlike toring van krag*, en ons gaan dit binne wanneer ons met Hóm wat daar woon, ons Here Jesus Christus, ons Skepperheer en Meester wil praat.


Ons *wéét*, binne-in die mens is daar 'n Kontakpunt met die koninkryk van God, en *híérdie kontakpunt* is CHRISTUS.  Hý is ons  REDDER en ons MIDDELAAR.  Om Hóm te vind, beteken om Gods Koninkryk te vind, om *déúr*  HOM  ál die  LIG,  LIEFDE en KRAG  te vind wat ons te énige oomblik mag nodig hê.


Dánkie-dánkie-dánkie Heer, vir *Ú* Heilige Gees, wat U in ons, u mensekind, geplaas het.  Dánkie kosbare Hemelse Vader, dat Ú die verborgenheid aan ons ópenbaar gemaak het - die geheim van 'n *gróótse* innerlike heiligdom , wat ons *énige tyd*, en op *énige plek* in gebed kan binnegaan, sonder om ons eers te moet afsonder.


Gee *Ú* vir ons die tyd, Heer, en die ruimte *én* die díépe verlange, om élke dag soveel kere as wat ons ookal mag verlang, híérdie verborgenheid wat Ú Heilige Gees Sy eie gemaak het, óók ons eie te maak en met *Ú* ons  grote Koning te kan gesels en ons gróótste vreugdes en díépste hartseer vrymoedig te kan deel met U.


Gebed:  Voor Ú Skepper Heer, word ek nou stil in gebed.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus Soetse Soetste Naam / Facebook





 


Wednesday, 23 August 2017

GENADE




GENÁDE


Waar liefde is, is daar geen vrees nie ...  Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.  -  1 Joh. 4:18, 19


Waar liefde, is daar geen vrees nie, sê die teks hierbo.  Wáárom?  Omdat, waar líéfde is, daar is genáde.  Dit is liefde in die hart van die mens wat hom genade laat betóón teenoor 'n ander wat hóm te na gekom het.  Hóéveel groter is die liefde van God dan net nie vir óns, sy mensekinders, nie - hoeveel gróter sy genade nie!!  En nóóit kan ons van híérdie wonderbare genade geskei word nie!


Hierdie gróótse genade, gegrond op Sý liefde, is daar vir *álmal*.  Dit hang net van *óns* af of ons dit gaan áánvaar of nie - ons hoef Hom maar net aan te roep, en Sý genade is daar vir ons.  Jesus het daarna verwys met die woorde: "Ek is die brood wat lewe gee.  Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie."  Ons hoef maar net te kom - *géén* dít  ÓF as dát nie - en Hy is dáár, vir áltyd en áltyd!


Héér van my hart, help my om nóóit die wónder van *Ú* genade en liefde te vergeet nie.  Élke dag, élke uur, *wíl* ek en *sál* ek van nou af wandel in U grote líéfde en genáde!


Gebed:  In *Ú* liefde en genade, dierbaarste Heer, wil ek van nóú af wandel van dag tot mooie dag. Hou U my vas en help my daarmee.  Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Jesus se Kaalvoetkind Bediening / Facebook


https://www.facebook.com/JesusSeKaalvoetkindBediening/photos/a.631957376827288.1073741832.628144530541906/1630193127003703/?type=3&theater