Saturday, 26 August 2017
TRÓÓS
TRÓÓS
~ Daelikse Woord ~
Al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in
die donker, die Here is my lig. - Miga 7:8
Híérdie boodskap is vandag vir almal wat
mismóédig, ternéérgedruk en depréssief is en "in sak en as in die duisternis onder 'n
besembos sit" en hul wonde probeer
lek: "Skep móéd. Die donker wolke sál verdwyn en die duisternis sal wéér verander in lig. Jy
sal wéér opstaan!"
Daar is *níks* in die hele wêreld wat die mág het om ons neerslagtig en mismoedig te hóú nie. Géén mens het die mag om ons onder te *hóú* nie. Dit is wel in *óns* mag om vir ons gedagtes en ons gevoelens te sê: "Tot
híértoe. Ek staan nou wéér op! Níé alleen nie, maar met
JESUS in my!"
Ons *ís* in staat om wéér op te staan, omdat ons God se *éíe* Christusgees *binne-in* ons het!
Ons kan opstaan omdat God se *líéd van die léwe* deur ons are vloei.
Ons *KÁN* opstaan uit ÉNIGIETS wat ons probeer onder hou, ómdat GÓD se KRAG deur Jésus Christus in élke *klop van ons hart* is.
Ons *KÁN* opstaan!! En as ons dit nie *sélf* kan regkry nie, sal ons
liefdevolle Hémelse Vader ons sélf kom oplig. Ons
Christusgees styg vêr, vêr bokant die wolke uit. Ons sweef op die *vlérke* van die *musikale klanke van ons gebede*, wat ons
opstuur na ons Skepper, en ons hart sing *wéér* lewensblye psalms vir Hom.
Gebed: Ek staan *wéér* op, want my JESUS gee my *krág* en ek sweef *vrý* saam met die arende hóóg, bo in die lug!
Amen.
Jongman Vuurwarm vir
JESUS / Facebook
Thursday, 24 August 2017
DIE GEHEIME PLEK
DIE
GEHEIME PLEK
Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge
waarheid wat bedek was. - 1 Kor. 2:7
Díép binne-in ons hart is daar 'n *gehéíme plek* - 'n plek van vréde, van réínheid en ónvoorwaardelike liefde. In hierdie geheime plek vind ons *ál* die krag, die tróós, *én* die wysheid wat ons te énige tyd mag nodig hê.
Hierdie plek noem ons ons *díépste, innerlike toring van krag*, en
ons gaan dit binne wanneer ons met Hóm wat daar woon, ons Here Jesus
Christus, ons Skepperheer en Meester wil praat.
Ons *wéét*, binne-in die mens is daar 'n Kontakpunt
met die koninkryk van God, en *híérdie kontakpunt* is CHRISTUS. Hý is ons REDDER en ons MIDDELAAR. Om Hóm te vind, beteken om Gods Koninkryk
te vind, om *déúr* HOM ál die
LIG, LIEFDE en KRAG te vind wat ons te énige oomblik mag nodig hê.
Dánkie-dánkie-dánkie
Heer, vir *Ú* Heilige Gees, wat U in ons, u mensekind, geplaas het. Dánkie kosbare Hemelse Vader, dat Ú die
verborgenheid aan ons ópenbaar gemaak het - die geheim van 'n *gróótse*
innerlike heiligdom , wat ons *énige tyd*, en op *énige plek* in gebed kan
binnegaan, sonder om ons eers te moet afsonder.
Gee
*Ú* vir ons die tyd, Heer, en die ruimte *én* die díépe verlange, om élke dag
soveel kere as wat ons ookal mag verlang, híérdie verborgenheid wat Ú Heilige
Gees Sy eie gemaak het, óók ons eie te maak en met *Ú* ons grote Koning te kan gesels en ons gróótste
vreugdes en díépste hartseer vrymoedig te kan deel met U.
Gebed: Voor Ú Skepper Heer, word ek nou stil in
gebed. Amen
~ Uit Daelikse Woord ~
Jesus Soetse Soetste Naam / Facebook
Subscribe to:
Posts (Atom)