Saturday, 2 September 2017

GOD MET MY







GOD  MÉT  MY


Want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.  -  Jos. 1:9


God is met my as Krág.  Sy lewenskrag pols in my hart en vloei deur my are, en my liggaam word daardeur genéés, hernú en verstérk.  Ek is lewenslustig en vól energie!


God is met my as Líéfde.  Sy liefde vúl my hart.  Dit vloei deur my en skep harmonie en vrede tussen my en almal én alles wat my lewe aangaan.  Wýer en wýer kring híérdie grootse liefde uit, tot seën van my geliefdes én tot seën van my wêreld.


God is met my as Líg.  Sy lig skyn hélder in my denke, en seën my brein met lig-gedagtes en die intelligensie om die lig-gedagtes te omskep in lig-idees wat ek kan toepas in my lewe, om so ook mý deel te doen om Sý Plan van Liefde en Lig vir die aarde te laat seëvier.


Met my Heer mét my is ek 'n wenner op élke gebied van my lewe - 'n wáre kind van die lig, só nodig op hierdie aarde vandag, waar die duisternis so hard probeer om die oorhand te kry ...


Dánkie, Heer van my hart, dat U áltyd so *mét* my is!


Gebed:  U en ek, Heer, tesame is ons 'n Wenspan!  Ek dank en loof U wonderlike Naam,  Amen.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook




 


Friday, 1 September 2017

JESUS CHRISTUS







JESUS  CHRISTUS 


JESUS  het nóóit 'n tempel gebou nie, en tóg is daar vandag géén land waar mense *níé* aanbiddend voor Hom staan nie.
JESUS  het nóóit 'n boek geskryf nie, maar Sy wóórde, Sy dáde en gebéde, lees mense nou dwársoor die wêreld, in dúísende tale.
JESUS  het géén boedel nagelaat nie, en *tóg* is daar míljoene mense oor die wêreld, wat erfgenáme van Sý rykdom is.
JESUS  het mense *sónder* medisyne gesond gemaak, en níks vir sy dienste gevra nie.
JESUS  het nóóit 'n kollege of universiteit opgerig nie, maar ál die inrigtings, tesáme kan nie spog met *méér* studente as wat Hý het nie.
JESUS  het nóóit sielkunde bestudeer nie, maar het meer gebróke harte geheel as *ál* die sielkundiges van die wêreld.
Toe  JESUS  'n baba was, het Hy 'n kóning ontstel.
Toe  JESUS  'n kind was, het Hy teologiese doktore verstóm.
Toe  JESUS  'n man was, het Hy álmal om Hom verstom.  Hy het die natúúr getem.  Hy het op die gólwe van die see geloop asof dit 'n sýpaadjie was, en die storm stil gemaak.
JESUS  het siekes gesónd gemaak, dowes wéér laat hoor, blindes weer laat síén en dooies weer laat léwe.
Toe  JESUS  gekruisig is, het Hy úít die dood ópgestaan.
En *vándag* ken ons vir  JESUS  as ons Héér, ons Verlósser en ons Sáligmaker, en ons sê: "Dánkie-dánkie-dánkie dierbaarste Hemelse Vader!"


Dánkie  vir *Ú* LÍÉFDE - vir U Seun,  JESUS  CHRISTUS!!


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus / Facebook



(a) As u Daelikse Woord boodskappe per epos wil ontvang, stuur asb vir my u naam + van en eposadres per FB inboks.


(b) As u die boodskappe per Whatsapp wil ontvang, stuur vir my u naam + van en Whatsapp nommer per FB inboks, OF WhatsApp dit vir my na:  079 32 45 45 6.


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1442510069165361/?type=3&theater



 


Tuesday, 29 August 2017

WORD SIGBAAR







WORD  SIGBAAR


Elkeen se werk sal aan die lig kom.  -  1 Kor. 3:13


'n Kindjie het na sy moeder gekom met vier verlépte blommetjies in sy modder besmeerde handjies.   Sónder woorde het hy gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LIEFDE*."


'n Tiener het 'n afspraak vir 'n werk gemaak.  Wat sy gesê het was, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LEIDING en  WYSHEID*."


'n Afgetrede egpaar het gewonder hóé hulle van hul tyd en energie kon gee om ánder te help.  Toe het hulle op 'n *blink gedagte* gekom om in te staan as *oupas en oumas* vir die oupas en oumas, wat vêr weg van hul kleinkindertjies wat in hospitale opgeneem is, gewoon het.  Híérdie egpaar het eintlik gesê, "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *DEERNIS  en  BLYDSKAP*."


En óns?  Wát kan óns sê?  Ons kan die vensters van ons harte wawyd oopmaak deur *diensbaarheid* en vir Hom sê: "Híér is ek, Here, word déúr my sigbaar as  *LIG, as LIEFDE, en alles wat  MOOI  en  EDEL  en  REIN*  is."


Gebed:  *HÍÉR*  is ek, HERE, ek maak myself  DIENSBAAR  vir *Ú* en  Ú werk,  *GEBRUIK*  my  en word  deur my  *SIGBAAR*.   Amen


~ Uit Daelikse Woord ~


Mamma / Mummy  / Facebook



 


Sunday, 27 August 2017

LAAT LOS, LAAT GOD








LAAT  LOS,  LAAT  GOD
uit  Daelikse Woord


God wat alle genade gee ... sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.  -  1  Petr. 5:10


Vandag gaan ek 'n pakkie opmaak van álles wat my hinder.  Élke seer van die verlede, die geríngste gevoel van irritasie, álle kommer en sorge, swak gewoontes en álles wat *níé* van Ú is nie, plaas ek één-vir-één in hierdie pakkie.  Wanneer ek séker is dat daar *níks* meer is wat my hinder nie, gaan ek my diepste heiligdom - waar Jesus woon binne, met die pakkie in my hande.


Ek word rustig en stil in Sý teenwoordigheid.  In híérdie stil oomblike saam met die Heer van my hart, oorhandig ek die pakkie net so aan Hóm.  In Sy gróótse liefde en genade neem Hy dit en plaas dit op 'n rakkie van lig, waar dit onmiddelik omskep word in 'n strálende ligpakkie.  'n Hélder stralende pakkie waarvan Jesus se lig ook in en deur my skyn en my volkome verlos van *ÁLLES* wat ek daarin geplaas het.


Ek het  LAAT  LOS en  *GÓD* het oorgeneem!  Salig en verkwik, gesúíwer na gees, siel en liggaam, gaan ek weer *móédig* en *stérk* voort op my pad van lig, in staat om ook almal *óm* my se lewens te kan verlig deur *JÉSUS* se lig wat déúr my skyn.


Gebed:  Dánkie Vader God, dat *Ú* my in staat stel om te laat los, en dat U *álles* wat my bekommer uit my hande neem en op Ú neem.  In Jesus Heilige Naam.  Amen



Koningsdogters- en Seuns vir Jesus Bediening / Facebook