Thursday, 15 November 2018

MY OPDRAG







MY  OPDRAG 
uit Daelikse Woord
                  
  
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here.  -  Kol. 3:23


Verwag ons om 'n groot én moeilike opdrag te ontvang wanneer ons bid: "Híér is ek HERE, gebruik my"?  Dis nogal 'n verassing om te ontdek dat die Here ons nodig het, nét-dáár waar ons is, besig met elke-dagse-roetine-takies.


"Híér is ek HERE, gebruik my."

Gebruik my voete om te gaan waar Ú wil hê ek moet gaan.
Gebruik my oë om te sien wat Ú wil hê ek moet sien.
Gebruik my ore om te hoor wat Ú wil hê ek moet hoor.
Gebruik my verstand sodat ek Ú gedagtes sal dink.
Gebruik my hart om Ú liefde uit te straal.
Gebruik my stem om woorde van vriendelikheid en medelye uit te spreek.
Gebruik my hande om op enige manier en op enige plek te dien soos Ú beveel.
Gebruik my om Ú te verheerlik.  Neem my lewe en laat dit U éie wees.

"Híér is ek HERE, gebruik my."


Gebed:  Dánkie Heer van my hart dat U my nodig het en kan gebruik nét soos ek is. U verlang nie van my láng gebede of hoë woorde en dramatiese vertonings wanneer ek met U praat nie, want ek is maar net gewoonweg Ú eie kind wat vir U ópreg uit my hart uit liefhet en hártswoorde uit my hart met U spreek, soms net deur 'n fluistering of  'n woordlose gebed. Soms net 'n énkele woord of twee. Dankie dat Ú my Hémelse Pappa is wat my só goed verstaan.  Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!








Friday, 2 November 2018

BAND VAN GEBED






BAND  VAN  GEBED
uit Daelikse Woord


Hou U liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.  -  Ps. 33:22


Hoe ónbeskryflik gróót en díép is die vrede wat deur my vloei wanneer ek alleen op 'n stil plek, my díépste heiligdom van krag, binnegaan en my Heer daar ontmoet waar Hy altyd getrou vir my wag.  Dis die lied van my siel, wat gedurende sulke heilige oomblikke saam met Hom, sovéél vrede in my hart bring. Stíl en óntspanne sit ek rustig by Sy voete in Sý heilige teenwoordigheid.
Ek is bewus daarvan dat 'n Ligkring van ál God se kinders dwarsoor die wêreld óók saam met my bid. Hand aan hand staan ons vás in gebed en ons gebede smelt saam in 'n krágtige stroom, wat ons almal so tesame skep.
Dis 'n verblíndende, hélder straal van lig wat opstyg tot God se troon, en 'n krag ten góéde opwek wat 'n mágtige, pósitiewe verandering in ons lewens én in die wêreld tot gevolg het. Uit 'n hart van liefde bid ons saam, en omvóú ons die hele wêreld met gedagtes wat líéfde en líg bring. Gedagtes wat ligbring-liefde uitstuur aan élkeen, tot redding van ons land én sy mense - tot redding van die héle mensdom en wónderwerke laat geskied.


Gebed: Dánkie Heer, dat ons te enige tyd tot U kan bid, sáám met U kinders dwarsdeur die wêreld en Ú heilige teenwoordigheid kan aanvoel. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



 





Saturday, 27 October 2018

TROOS






TROOS
uit Daelikse Woord


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes.  41:13


Wíé vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skérwe lê?  Wíé vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebréék is?  Ons Hére en ons Gód – Hý wat só sag en stil vir ons sê:   “Ek vat jou hand.”  En wanneer ons ons hand uitstrek en dit in Sýne lê, is dit Sý liefde wat so sag soos dou, die wonde héél en weer *líg* bring waar daar duisternis was.


As jy eensáám en allenig is, is Ek hier.
As jy báng is, is Ek hier.
As jy in pýn is, is Ek hier.
Ek is híér wanneer jy bid, en sélfs wanneer jy *níé* bid nie.
Ek is *ín* jou, en jy is *ín* My.
Al slaag jy níé daarin om My te vind nie, Ek sal jou *nóóit* faal nie.
Al is jou geloof in My nog só klein, My geloof in *jóú* wankel nóóit nie, want … Ék ken jou, en Ék het jou lief.
Geliefde, *híér* is Ek!


Gebed:  Híér is ek, dierbare Heer, vat my hand asseblief!  Dánkie dat U vir my, kleine mensekind, nóóit  - nie eens vir 'n óómblik aan my eie lot oorlaat nie. Dankie Jesus. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!







 


Friday, 26 October 2018

WAAK EN BID







WAAK  EN  BID 

deur Manna uit die Woord



 “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” - MARKUS 14:38 AFR53


• Hierdie gedeelte is Oom Angus se tema vers vir "It's Time" waar 'n volk bymekaar gaan kom om te bid.
• Ons as kinders van God het die kragtigste wapen wat daar is en dit is gebed.
• Een gebed kan iemand se lewe verander, een gebed kan 'n land genees, een gebed kan jou omstandighede verander.
• Geliefde al kan jy nie self daar wees nie maak tyd die naweek en bid vir die land sy mense en sy omstandighede.
• “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”
JOSUA 1:9 AFR53



Gebed: Here ons bid vandag vir Oom Angus en sy gesin en elkeen wat betrokke is by "It's Time". Here beskerm elke persoon wat daarheen gaan die naweek om U te loof en prys en te bid vir Suid Afrika. Here ons bid vir ons land, dat U, U hand oor Suid Afrika sal uit strek en ons land genees, van die President tot die boemelaar wat op straat slaap. In Jesus naam. Amen.






.

GOD se TYD is PERFEK

ღ  GOD  SE  TYD  IS  PERFEK ღ
deur Vicki Fourie
.
God *SÁL* jou antwoord
op jou gebede.
Dit sal op  SÝ  tyd wees,
op  SÝmanier.
Maar Hy  SÁL antwoord!
.
Ek vertrou op U,
Here, U sal antwoord,
Here my GOD.
Psalm 38:16
.
uit  GOD ღ my
.
Jesus se Dogterkind / Facebook
.

HOE GROOT IS DIE MAG VAN GEBED

Hoe groot is die mag van gebed!
Dis nie nodig om hoogdawerende woorde
te vorm nie ...
nog minder om geleerd, gewild of sterk gelowig
te wees.
.
Want gebed is die voorreg
om met GOD te gesels:
oor jou twyfel, ongeloof, sonde, pyn,
vrae, vreugde ...
op *JÓÚ* manier.
.
Bid jou eie bid,
en luister ...
HY  *SÁL* antwoord.
.
Milanie Vosloo : In Gesprek met God : Lux Verbi BM
.
Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
.