Thursday, 18 February 2016

Jesus sal vir ALTYD vir jou lief wees!








Jesus sal vir  ALTYD  vir jou lief wees!


Hy sal vandag vir jou net so lief wees soos gister. Eergister, verlede week, verlede maand en verlede jaar.
Hy sal vir jou môre, oormôre en volgende, week, maand  en jaar nog net so lief wees.
Hy het jou nie party dae meer of minder lief nie.
Sy liefde vir jou is altyd dieselfde.
Hy het ook nie witbroodjies nie - Hy is vir elkeen van ons présies ewe lief.
Maar wat maak jy as Mamma en Pappa vir jou so baie lief het?
Dan het jy hulle mos terug lief, want dit maak jou hartjie bly dat hulle vir jou so baie liefhet.
Nou as JESUS dan vir *jou* so baie liefhet - dan moet jy seker maak dat jy vir Hom ook baie liefhet.
Maar jy moet nie net daardie liefde wat jy vir Hom het in jou hartjie toegesluit hou nie.
Wanneer jy bid en so met KONING JESUS praat, moet jy baie goed onthou om ook vir Hom te vertel dat jy vir hom baie lief is.
JESUS wil graag uit jou mondjie en hartjie HOOR
dat jy OOK vir Hom lief is.
Het jy al vandag vir JESUS vertel dat jy Hom liefhet?



Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook






God vra nie hoeveel jy het nie









GOD vra nie hoeveel jy het nie,


maar of jy *dit* wat jy het,


vir HOM sal gee.




Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook





Thought for Today








Daily Thought 18 February 2016
 

Hi Poppie,
Here is your word for today:
Psalm 95:1
'Oh come, let us sing to the Lord; let us make a joyful noise to the Rock of our salvation!'
  • Each day is another opportunity to celebrate.
  • We can choose to celebrate or we can complain and bemoan things.
  • Don't start the day on a negative footing.
  • Rejoice, believe for the best and expect His favour on your life.
Prayer: Lord, I choose to celebrate the opportunities You give me each and every day. May I know Your presence in my life from start to finish! Amen.

If you received this from a friend and would like to subscribe, click HERE, or send an email toandrew@alivetogod.com 
Kind Regards
Pastor Andrew & Vanessa Roebert

ALIVE TO GOD


Gesondheid









GESONDHEID


Ek sal jou gesond maak.  -  Jeremia 30:17


Gods helende krag en liefde pols steeds in en deur my, en dit bring heling mee na siel en liggaam.  Elke sel en orgaan reageer op hierdie stralende lewenskrag, en gevul met nuwe energie doen ek dit wat ek moet doen tot eer en verheerliking van Sy Naam.


Ek gaan my diepste heiligdom van krag binne en ontspan by Sy voete in die lig, die liefde en krag wat ek daar van hom ontvang.


Ek sien hoe die lig van die Vader my hele wese deurstraal.  Elke sel word helder verlig, elke orgaan word ‘n lig-orgaan, en, gesuiwer in die helder lig, doen my liggaamsdele hul werk op ‘n intelligente manier.


Die liefde van Christus sien ek as ‘n helder suiwer stroom wat my hele wese deurspoel, en daar heers vrede in my gemoed en in my liggaam.


Die krag van die Heilige Gees gee nuwe krag aan heel my wese, en onder die alwetende leiding van my Vader, in die liefde van die Seun en die krag van die Heilige Gees word hierdie liggaamstempel van God ‘n gesonde, stralende tempel in Sy diens.


Gebed:  Ek is gesond, dankie dierbare Vader!




~ Uit Daelikse Woord ~

  Kanker Kringetjie / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com


Monday, 15 February 2016

Liefde








LIEFDE


Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en ... jou naaste liefhê soos jouself.  -  Mark. 12:31


My siel sing in my, my gees voel vry en ongebonde!  So voel ek elke dag met al die Lig wat so helder in en deur my skyn.  Maar hiermee saam kom seker die grootste uitdaging ooit vir die mens wat homself as ‘n Christen sien – ‘n mens in wie Christus nou opgestaan het in die ware sin van die woord, want in so ‘n mens is dit nie net die Lig wat sigbaar is nie – ons mag nie die Liefde of die Krag vergeet nie!  Ek sal nie, Heer!


Ek sal opstaan want ek is die Krag wat kan, die Lig wat weet hoe, en die Liefde wat weet waar en wanneer.  Op die regte tyd, onder die regte omstandighede – dis waar en wanneer.  ‘n Liefde wat geen grense ken nie, altyd daar om te seën en by te staan, en tog – getint met die wysheid wat Lig bring, en onderskraag met die moed wat krag bring.


Dankie, dankie, Heer van my hart, vir U liefde wat my in staat stel om liefde te wees teenoor my naaste.  Dankie vir U Krag en Lig wat my omskep in ‘n liefde-mens!


Gebed:  U Heer, maak my ‘n liefde-mens, en ek sê dankie daarvoor dierbaarste Heer!



~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

Thursday, 11 February 2016

Daily Thought








Daily Thought
 

Here is your word for today:

Psalm 106:8
'He saved them - to defend the honour of His name and to demonstrate His mighty power.'

  • The Lord wants to work in your situation as a demonstration of His mighty power.
  • He wants to intervene and save us simply because He is God.
  • We may fail Him but He has no intention of failing us.
  • He will defend the honour of His name and work wonders.

Prayer: Lord, may Your mighty power be demonstrated in my situation so that others will know that You are God and there is no one like You. Amen.


Kind Regards
Pastor Andrew & Vanessa Roebert

ALIVE TO GOD


Om mooi te wees









Om mooi te wees,

beteken nie dat jy

vriendelik is nie,

maar om vriendelik

te wees

maak jou

MOOI!




Deidre's Hartjies en Liefies / Facebook