Saturday, 19 March 2016

Waarom ek bid







WAAROM  EK  BID


Dit is God wat in julle werk.  -  Filip. 2:13 (OV)


Vandag bid ek, en soos die bome wat so kaal en dor in die winter staan, en tog, in die kern van hul stam met magtige werke besig is, al kan ons dit nie sien met ons menseoog nie, so is die werke van God ook in my en in almal wat saam bid.


Ek bid, want ek gló in die krag van gebed wat die krag van God vrylaat.  ‘n Krag so stil en sonder basuingeskal, maar tog sterk genoeg is om ‘n roering in die plante om ons te laat plaasvind ter voorbereiding van nuwe stralende lewe in die lente, wat voëltjies laat sing en diere laat huppel!


Dis die lewegewende essensie van Gods krag wat alles, ook vir ons, weer jonk en nuut kan maak, wat ons land weer jonk en mooi en nuut kan maak, en ons wêreld kan red uit die haat en nyd en lis wat al so die oorhand begin kry het.


Dis waarom ek bid.


Gebed:  Ek bid en God werk in my!




~ Uit Daelikse Woord ~



  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Tuesday, 15 March 2016

'n Klein bietjie liefde








Jesus se Kindertjies Bediening / Facebook




Kaalvoet oor 'n berg stap








Jesus se Kaalvoetkind Bediening / Facebook










Gee en ontvang









GEE  EN  ONTVANG


Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief.  Julle moet in my liefde bly.  -  Joh. 15:9


Die proses van gee en ontvang mag soos twee afsonderlike aktiwieite lyk wat niks met mekaar te doen het nie.  Die waarheid is egter dat albei nodig en belangrik is in die deel en verspreiding van Gods seëninge.


Ons mag byvoorbeeld baie graag gee, maar ongemaklik voel wanneer andere weer aan ons iets wil gee.  As dit die geval is, moet ons net onthou om te kan gee, daar altyd iemand moet wees wat ontvang.


Aan die ander kant mag dit vir ons baie moeilik wees om te gee.  Dan moet ons net oppas dat ons nie versmoor word onder allerhande rommel nie.  Ons mag selfs traag wees om ons liefde teenoor andere te betoon, totdat die vloei daarvan uiteindelik totaal geblok is.


As ons die goeie wat ons ontvang egter teruggee aan die wêreld, sal al hoe meer seëninge ons lewens binnevloei en uitvloei.


Met ‘n dankbare hart en oop gemoed gee en ontvang ons in oorvloed.


Gebed:  Ek gee met liefde en ontvang met dank.




~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com