Monday, 18 April 2016

Troos









TROOS


Die Gees van die waarheid … julle ken Hom, omdat Hy by julle bly.  -  Joh. 14:17


Soms mag twyfel, verwarring en selfs wanhoop, my totáál oorweldig.  Maar deur ál hierdie ellendes heen is daar altyd één ding wat soos ‘n paal bo water bly staan, en dit is die feit dat die wónderlikste Trooster van álle troosters, áltyd bý my is – trouens Hy woon binne-in my!


Hóé groot is hierdie wonder net nie!  Hóé gróót die seën! Nóóit ooit is ek alleen nie.  Só ná-aan my is Hy dat ek maar net my hand hoef uit te steek om in ál Sy liefde en krag toegevou te word.


Die tye van wanhoop wat my soms tref, is ook die tye wánneer ek hierdie Teenwoordigheid die heel meeste waardeer.  Sy liefde is soos hélende balsam vir my gebróke hart;  Sý krag hef my op en maak dit vir my moontlik om wéér normal aan te gaan met my lewe.  In my uur van nood, leer hierdie gróótse Trooster my meer omtrent die liefde van God vir my, Sý kind.


Ook wanneer dit goed gaan met my, onthóú ek om daagliks te handel en wandel in die krág van die Héílige Gees.


Gebed:  Dankie dat Ú Heilige Gees my vertroos en ophef.



~ Uit Daelikse Woord ~



Trane in God se Fles / Facebook




Monday, 4 April 2016

GLIMLAG







GLIMLAG


Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  -  Job. 29:24 (OV)


‘n Glimlag is ‘n geskenk van liefde uit God se hart, óf dit nou vir ‘n vreemdeling, ‘n vriend of ‘n geliefde is.  Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor.  ‘n Glimlag is ‘n stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid.  Tot ‘n hondjie kan agterkom wanneer sy baas glimlag of bly lyk en hy reageer met die swaai van sy stert.


Ons glimlag is ‘n welkome geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ‘n lang tou moet staan en wag, wanneer ons luister  of met ander mense praat.  Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, mense se laste, hartseer en terneergedruktheid verlig en is boodskappers van Gods liefde uit Sy hart uit na ons s’n toe.


Ons glimlag is soos ‘n omhelsing wat andere teer in liefde toevou en versorg.  Daar gaan nie ‘n dag om sonder tálle geleenthede om andere te seën en vertroetel met ons glimlag nie.  Mense het al so gewoond daaraan geraak dat mense nie meer glimlag nie, dat hulle dalk stomverbaas sal wees en nie met ‘n glimlag terug reageer nie.  Maar volgende keer is hy of sy dalk die een wat weer eerste glimlag met ‘n hartseer vreemdeling.  Die seëninge wat ons so skep vorm wye sirkels, soos wanneer mens ‘n klippie in ‘n waterpoel gooi.


Ons glimlag is ‘n vrygewige gawe van God – moet dit nooit terughou nie!


Gebed:  Dankie Here, dat U vir ons die gawe gegee het om te kan glimlag en U liefde so te oordra, selfs na stuurs of onvriendelike mense toe en so met hierdie kettinreaksie  ook hulle harte te kan verander.



~ Uit Daelikse Woord ~



  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Daelikse Woord Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





Tuesday, 29 March 2016

PAASMAANDAG: LAAT LOS, LAAT GOD







PAASMAANDAG :  LAAT LOS, LAAT GOD


Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag.  -  Ef. 6:10


Was daar al óóít só ‘n voorbeeld van vólkóme geloof in GOD as dié van JESUS?  Met die dood en die kruisiging, wat op Hom gewag het, het Jesus nóg stééds gesê:  “Laat nogtans nie Mý wil nie, maar *Ú* wil geskied.”  En wát was die gevolge van Sy bereidwilligheid om Góds wil te laat geskied?  Wat staan uit soos ‘n baken van Lig bokant die marteling en kruisiging?  Die glorieryke Opstanding op die derde dag!  ‘n Ongelooflike wóndérwerk, wat betékenis gegee het aan die kruisiging!!  Deur te laat los en God te laat oorneem, het Jesus die dood en álles en álmal wat Hom aan bande probeer lê het, oorwin.


Vandág gaan ek in die voetspore van Jesus wandel deur te laat los en God te laat oorneem in álles wat my lewe aangaan.  Ek gaan nie net lees en meer leer omtrent my Heer en Meester nie, ek gaan sóós Hý, my geloof prákties toepas in my handel en wandel.


Soms moet ek tot in my díépste wese reik om die oplossings vir probleme, hartseer of liggaamlike pyn te probeer soek, om só die wýsheid en krag te bekom wat my deur die uitdagings in my lewe sal kan dra.


Om te laat los en God te laat oorneem, soos ons liefling Jesus, maak ‘n héle nuwe wêreld vir my oop!


Gebed:  Ek laat lós en God neem oor!



~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com








Saturday, 26 March 2016

DIE SABBATDAG 26 Maart 2016








DIE  SABBATDAG


Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. (Jesus) -  Lukas 23:43


Dóódstil was dit dáárdie Sáterdag in Jerusalem ...  Tróósteloos het die volgelinge van Jesus tuis gebly.  Sy dissipels het met gebróke harte êrens geskuil – hulle was báng!  Maar wáár was Jesus dan?  Waarom het Hý hulle nie kom troos nie??  Die Bybel sê vir ons waar Hy was:  Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!”  het Hy vir die man langs Hom gesê.  Dis wáár Jesus was tot die derde dag.  Miskien ‘n voorbereiding van die nuwe liggaam waarin Hy verder sou leef?


Stil het dáárdie dag verbygegaan, stil was Jerusalem – in sak en as sy volgelinge.  Ás hulle maar gewéét het, die Poort tot binne-in die koninkryk van God het wáwyd oop gestaan!


As hulle maar kon síén en wéét wat ons vándag weet – dat dit ‘n Meersterplan van God was wat besig was om te ontvou, en hulle net moes stil wees en wag, vir die wonder wat op hande was!sou hulle seer sékerlik opgestaan en geloop het!  Maar óns?  Ons wat die hele Plan nóú sien, wát verhoed ons om *NÓÚ* vir God dankie te sê daarvoor?  Dánkie vir Jesus, die Kóningskind, wat vir *óns* gekies het as Sý broers en susters!


Gebed:  Ú my Hemelse Jesus my broer, Heer?  Dankie, dankie, *DANKIE* daarvoor!




~ Uit Daelikse Woord ~




  JESUS Vra Net Liefde / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com