Wednesday, 15 August 2012






‘N KIND VAN GOD


U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak.  -  Ps. 8:6


Wonder u soms of u nodig is?  U is!  Twyfel u of u belangrik is?  U is!  Dink u dat niemand vir u omgee nie?  God gee vir u om!

Iets in u weet en voel en glo dat u nodig en belangrik is, selfs al laat omstandighede of die menings van ander u daaraan twyfel.

As u besef dat u ‘n geestelike wese, ‘n kind van God is, kan u onmoontlik voel dat u onbelangrik is.  U is ‘n unieke en besondere skepping van God.  U mag dit soms miskien vergeet, maar dit is waar.  Miskien moet u u gedagtes oor uself verhef.  Miskien moet u liewer dink aan die wonderlike kragte en moontlikhede waarmee God u bedeel het, en ontslae raak van self-vernedering.

U het so baie om te gee, en met God hulp kan u iets opbouends tot hierdie lewe bydra.

Onthou – God het u net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak – glo dit en sê vir Hom dankie!


Gebed:  Ek is ‘n kind van God.  Hy gee om vir my!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: