GOD IN BEVEL
Ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en
altyd.
Ps. 52:10 OV
As
kind was dit vir ons so maklik om te glo.
Geen bewyse was ooit nodig nie.
Ons het geglo in die bekende en die onbekende, en geen twyfel het ons
ooit ondergekry nie.
En
nou, met Sy waarhede in ons hande en hart, met Gods lig op ons pad, glo en
vertrou ons onwrikbaar op Sy goedheid en guns in heel ons lewe. Met die vreugde van ‘n kind, glo ons en
verwag ons net die heel beste, wat ons weet, waar God in bevel is, werk alles
ten goede mee.
Daar
is ‘n doel met alles wat gebeur waar Hy in bevel is, en Hy in bevel is, en Hy
is in bevel van ons lewens – dit glo ons en weet ons. Die orde wat heers in die heelal heers ook in
ons lewens – dit onderskraag ons. Met
wysheid lei Hy ons, met liefde beskerm Hy ons, en in Sy lig, liefde en krag wat
ook ons krag is, weet ons wat om waar en wanneer te doen, en ons doen dit dan
ook.
Ons
geloof in God word al hoe sterker, en met die vreugde van ‘n kind is ons
deeglik bewus van die wonder-werke van ons Skepper in ons lewens-ervaringe, en
ook oral so duidelik om ons.
Gebed: Soos ‘n
kind geniet ons die seëninge van ons Heer.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment