Mag Hy u gee wat u hart begeer, en al u voornemens
laat geluk.
Ps. 20:5
As ek onaangenaamhede in my geliefdes se lewens kon
verander, sou ek nie vir ‘n oomblik wag om dit te doen nie. Maar ek weet, die héél beste wat ek vir
hulle kan doen, is om vir hulle te bid – om God in beheer van hul lewens te
plaas, want dán, weet ek, word hulle in Sy lig gelei, in Sy liefde beskerm en
vertroos, en kan hulle in Sy krag, sterk staan en wenners wees. Ek bid en sê dankie:
“Dankie, Heer, vir U
lig wat wysheid bring, en my geliefdes in staat stel om te kan onderskei tussen
wat reg en wat verkeerd is.
Dankie, Heer, vir U
liefde wat hulle toevou en beskerm, en vertroosting bring wanneer hulle diep
bedroef langs die pad bly sit.
Dankie, Heer, vir U
lewenskrag wat in en deur hul are pols om hulle te heel en te genees – U krag
wat ook hulle krag is, en hulle sterk laat staan in wat ookal die uitdaging
voor hulle is.
Dankie, Heer, dat ek
my geliefdes, só in U troue sorg kan plaas en te weet – U is daar!”
Gebed: Seën U
my geliefdes, Heer.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment