Laat die kindertjies na My toe kom ... want die die
koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
- Luk. 18:16
Om my ware identiteit
te ken, is om my te ken soos God my ken.
Ek is ‘n geliefde kind van God!
Ek is ‘n stralende
kind van die lig. Die lig skyn helder
in my en om my, en voorsien my van al die wysheid wat ek ooit mag nodig
hê. Ek is wys.
Ek is ‘n vrolike kind
van die lewe self. Die lewenskrag van
God pols in elke sel en atoom van my liggaam.
Ek is vol lewe!
Ek is ‘n gelowige
kind van die liefde. Intuïtief en met
volle oorgawe gee ek hierdie liefde aan alles en almal om my. Ek is liefdevol.
Ek is ‘n kind van
vrede. Die vrede van God vloei in my en
deur my, en dit skep ‘n klimaat van vrede om my, om my land en om my wêreld, dag na mooie
dag. Ek is kalm en rustig.
Wat ‘n heerlike
avontuur is dit nie om myself te leer ken soos God my ken nie! En hoe meer aandag ek hieraan in my gebede
gee, hoe meer tref die waarheid van hierdie wonder my!
Gebed: Ek is ‘n
stralende kind van God!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment