Showing posts with label KIND VAN GOD. Show all posts
Showing posts with label KIND VAN GOD. Show all posts

Saturday, 19 October 2013

KIND VAN GOD






Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:  Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.  -  1  Joh.  3:1


As ‘n kind van God is ek vriendelik, opgeruimd en vol lewenslus.  Ek is vry, vertrouend, belangstellend en afwagtend.

As ‘n kind van God vertrou ek volkome op Sy beskerming en leiding.  Ek is oop en ontvanklik vir die goeie.  Ek is vry om te ontdek en te ondersoek.  Ek beskik oor die nodige lewenskrag om my doelwitte na te streef.  Ek verwag die regte en lonende resultate.  Ek raak ontslae van alle beperkinge wat ek op my eie vermoëns geplaas het.  Vrolik en bly leef ek soos dit ‘n kind van God betaam om te leef.

Ek is Gods kind, vry om my hoogste ideale uit te leef in die wêreld waar Hy my geplaas het.  Ek streef na sukses en gooi alles in die stryd om dit te behaal.

As ‘n kind van God is ek vrolik, vol vertroue en vry!


Gebed:  Ek is Gods kind, vrolik, vry en vol vertroue.


~ Uit Daelikse Woord ~

Wednesday, 2 October 2013

KIND VAN GOD




Laat die kindertjies na My toe kom ... want die die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.  -  Luk. 18:16


Om my ware identiteit te ken, is om my te ken soos God my ken.   Ek is ‘n geliefde kind van God!


Ek is ‘n stralende kind van die lig.   Die lig skyn helder in my en om my, en voorsien my van al die wysheid wat ek ooit mag nodig hê.   Ek is wys.


Ek is ‘n vrolike kind van die lewe self.  Die lewenskrag van God pols in elke sel en atoom van my liggaam.   Ek is vol lewe!


Ek is ‘n gelowige kind van die liefde.  Intuïtief en met volle oorgawe gee ek hierdie liefde aan alles en almal om my.   Ek is liefdevol.


Ek is ‘n kind van vrede.   Die vrede van God vloei in my en deur my, en dit skep ‘n klimaat van vrede om my,  om my land en om my wêreld, dag na mooie dag.  Ek is kalm en rustig.


Wat ‘n heerlike avontuur is dit nie om myself te leer ken soos God my ken nie!  En hoe meer aandag ek hieraan in my gebede gee, hoe meer tref die waarheid van hierdie wonder my!


Gebed:  Ek is ‘n stralende kind van God!


~ Uit Daelikse Woord ~


Thursday, 10 November 2011




KIND VAN GOD


Hierdie Gees getuig saam met ons Gees dat ons kinders van God is.  En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. – Rom. 8: 16,17


Geen gebeure van die verlede het vandag enige krag meer oor my nie. Geen mens se afkeuring het enige krag om my seer te maak nie. Ek is die kind van God wat Hy wil hê, wat Hy nodig het en wat altyd omvou word deur Sy liefdevolle sorg.  God het my lief, God keur my goed.

As kind van God is ek ek ‘n erfgenaam van al die rykdomme van Sy koninkryk.  Ek is my erfenis waardig.

Ek durf om te glo dat ek ‘n kind van God is.  Ek durf om te voel en op te tree soos die kind van God wat ek is.  Ek gaan elke dag tegemoet vry van enige geloof in die beperkinge van die verlede, vry van geloof in negatiewe invloede van watter soort ookal.

Ek leef my geestelike gawe van liefde, lewe, wysheid, blydskap en vrede ten volle uit.  Ek sien alles in my lewe in ‘n nuwe lig. Ek bewandel die weë van gesondheid, geluk en voorspoed, want ek weet met sekerheid dat ek ‘n kind van God is.


Gebed:  Ek is ‘n kind van God.


~ Uit Daelikse Woord ~