VREESLOOS
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie
lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. - 2
Tim. 1:7
Soms mag dit gebeur dat ek my op ‘n vreemde plek
bevind en onrustig begin voel. Dit is
gedurende sulke tye wanneer ek die psalmdigter se woorde onthou en dit my eie
maak: “Die Here is my lig en my redder,
vir wie sou ek bang wees? Die Here is my
toevlug, vir wie sou ek vrees?” (Ps.
27:1).
Ek bly kalm want ek weet my Heer is áltyd by my, en
ontspan in hierdie hémelse teenwoordigheid.
Ek laat nie my emosies toe om met my op loop te gaan nie, en doen wat ek
moet doen sonder énige gedagtes van vrees of angs.
Vréésloos breek die plantjies deur die klipharde
aardkors – vréésloos groei en gedy hulle, in harmonie met die bloudruk in hul
kiemsel vasgelê, elkeen om te gee dit wat hulle hét om te gee.
Vreesloos groei ek óók geestelik, ín harmonie met Gods
plan vir my – ín harmonie met Sy wil wat áltyd vir my beswil is. Ek is nié lafhartig nie, maar met krág, líéfde
en sélfbeheersing groei ek tot Sý volwaardige seun of dogter, sodat ek óók mý
deel kan lewer in Sý grootse plan vir hierdie aarde.
Gebed: Die Here
is my líg en my Rédder.
~ Uit Daelikse Woord ~
>
No comments:
Post a Comment