LUISTER
Ja, my siel is stil tot God. – Ps. 62:2 (OV)
Wees stil en luister, jou Heer openbaar aan jou die
manier waarop daar in al jou behoeftes voorsien kan word. Hy wys vir jou die weg om elke probleem die
hoof te kan bied.
Luister! Jou
Heer praat diep in jou siel met jou – luister mooi, Hy praat nóú met jou, in
die stilte van hiérdie oomblik.
Luister! Jou
Heer praat só sag dat jy Hom nie sal hoor nie, tensý jy jou vólle aandag aan
Hom gee.
Luister! Jou
Heer laat Sý idees in jou gedagtes posvat, en maak die volgende stap aan jou
duidelik. Let op Sy leiding en vólg Hom.
Luister! Jou
Heer spoor jou aan. Wees gereed om in Sý
krag te handel, want dit is ook jóú krag.
Luister! Jou
Heer is áltyd daar vir jou, áltyd gereed om jou te rig en te lei op al jou
weë. Luister jy? Hoor jy Sy stem wat díép in jou hart vir jou
sê: “Jy is My geliefde kind in wie Ek ‘n welbehae het. Wandel in My lig, handel in My liefde en
stap voort in My krag. Ek is altyd
hier.”
Gebed: Ek
luister, Heer, en ek wandel in U lig!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment