MY LIEFSTE KIND
Ek het jou by jou naam geroep; jy is Myne!
- Jes 43:1
My liefste kind, as jy maar weet hóé waardeer ek net nie
jou toewyding en samewerking nie! Jy is
Mýne, Ek het jou op jou náám geroep, en jy het gehoor en geluister, en nóóit
sal jy en al jou Ligvriende besef wát julle in hierdie oorgangstyd vir My, en
ja, ook vir ons wêreld beteken nie!
Ek is *ín* jou, en jy is *ín* My. Al sláág jy nie altyd daarin om My te vind
nie. Ek sal jou nóóit ooit faal
nie. Al is jou geloof in Mý nóg só
klein, My geloof in jóú wankel nóóit nie, want ... Ek kén jou, en Ek het jóú,
so baie lief!!
Besef jy hóé kosbaar jy wérklik is?? Daar is níémand wat hier waar jy nou woon en
werk dít kan gee wat jý het om te gee nie!
Jy is uniek en daar is nie nog iemand soos jy nie!! Ek is besig om déúr jou te werk, ál herken jy
nie áltyd My werke nie. Ek is besig om
jou te lei, ál verstaan jy nie altyd My weë nie.
Soms raak jy só besig dat jy nie My fluistering hoor
nie, en tóg, as jy My toelaat, spreek Ek deur jóú stem - en
werk Ek deur jóú hande. My liefste kind,
Ek is hier – áltyd net hier, digby jou!
Onthou, jy is Mýne, nóú en vir ewig!
Gebed: Roep my,
Dierbaarste Heer, ek wíl en sál altyd antwoord!
~ Uit Daelikse Woord ~