Showing posts with label Goeie Vrydag. Show all posts
Showing posts with label Goeie Vrydag. Show all posts

Sunday, 16 April 2017

GOEIE VRYDAG







GOEIE  VRYDAG 


Vader, in U hande gee ek my gees. – Luk. 23:46


Goeie Vrydag – ‘n  SWART Vrydag wat ‘n  GÓÉIE  Vrydag geword het.  Die dag van álle dae soos daar nog  NÓÓIT  in die bestaan van die wêreld was nie.  ‘n Dag wat nog stééds eerbiedig word deur Christene dwársdeur die wêreld – die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n núwe era was.


Dié dag toe GOD Sy éniggebore Seun gegee het om te sterf, sodat ons, die héle mensdom, deur SY bloed van óns sondes gereinig kon word:  “... die bloed ... wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.”  - Matt. 26:28


Dié dag toe  JESUS, deur te sterwe, ‘n deur vir ons óópgemaak het sodat ons déúr Hóm direk met  GOD  kan kommunikeer.  Die dag toe    VADER  ook óns VADER geword het – die dag van  ÁLLE dae toe  GOD  ‘n  GOD van LIÉFDE geword het.


Laat ons dan ook hier, waar ons nou aan die voet van die  KRUIS  kniel, níé ween nie – máár ons hárte na  HÓM  toe uithou en die woorde van  JESUS  ons éie maak:


“VADER  in  Ú  hande gee ek my gees – my lewe, my alles.”


Gebed:  Dankbaar met my hande omhoog, betuig ek my dank aan Ú, Heer Jesus, vir wat U daar aan die kruis vir mý gedoen het  en Vader God vir Ú genade aan my. Woorde ontbreek, ek kan maar net my hart vir *Ú* gee, want net U ken die inhoud daarvan.  Amen


~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus /Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1304368996312803/?type=3&theater





Saturday, 19 April 2014





GOEIE VRYDAG


Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.  -  Fil. 4:13 (OV)


Jesus het voor die grootste vernedering ooit, daar in Getsemane vir God gevra of die beker nie maar by Hom kon verbygaan nie.  Die mens in Hom het gesidder!   Maar toe kom ‘n engel om Hom by te staan en uiteindelik kon Hy sê:  “Laat nogtans nie My wil nie maar U wil geskied.”

En deur die marteling, deur die vernedering en beledigings heen, het Hy sy man gestaan, stil en sonder om Homself hoegenaamd te verdedig.

Gekruisig is Hy – dit was die doodstraf vir die misdadigers van daardie tyd – en Hy kon nog sê:  “Vader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie! “

En daar gebeur die grootste wonderwerk van alle tye *tot nou toe!*   Hy was menslik gesproke dood – sy bloed is gestort op hierdie aarde!   Hy is in ‘n graf weggebêre, en daar staan Hy op!   Aan sy krag was daar geen einde nie – krag om stil te bly en te verduur, krag om te vergewe, krag om op te staan in dieselfde liggaam wat so dood was!   *Alles wat Ek doen, kan julle ook doen!*


Gebed:  Slegs in U krag Heer, kan ek – kom woon in my hart!


~ Uit Daelikse Woord ~