Showing posts with label Jesus. Show all posts
Showing posts with label Jesus. Show all posts

Thursday, 8 February 2018

AAN: JESUS - VAN: MY







AAN:  JESUS
VAN:  MY
deur Milanie Vosloo


Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom 'n spierwit klippie gee met 'n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.  -  Openbaring 2:17


Hier staan ek
met leë hande:
Ál wat ek het, is my
gelapte gedagtes,
krom woorde
én gebroke hart.


Sal U dit asseblief neem
en omtówer in
'n sneeuwit lewe
toegedraai in suiwer kristal
waarin *Ú* heerlikheid
élke oomblik weerkaats?


Híér staan ek, JESUS,
néém my!


Dit is nie vir gawes  dat ek aanhou om tot GOD te bid nie, dit is omdat die enigste ware lewe nêrens anders as in Hóm te vind is nie.  -  Gregorius van Navek



As HÝ weer kom / Facebook



https://www.facebook.com/asHyweerkom/photos/a.1072615282848906.1073741828.1071065473003887/1435795876530843/?type=3&theater




 


Sunday, 16 April 2017

EK JUIG







EK  JUIG


Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie wonderskone en vreugdevolle dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Koning te wees.

Ek juig, want geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem is te groot nie en ek staan op in die lig, liefde en krag van God my Hemelse Pappa en Jesus my Hemelkoning.


Jy is MÝNE / Facebook





DIE OPSTANDING







DIE  OPSTANDING
Matt. 28:1-10 (1933 Bybelvertaling)


En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te kyk.  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. En  uit vrees vir hom het die wagters gebewe en soos dooies geword. Maar die engel antwoord en sê vir die vroue”  Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels:  Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het dit vir julle gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap en gehardloop om dit vir sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit vir sy dissipels te vertel, kom Jesus meteens hulle teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle:  Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broers dat hulle na Galiléa moet gaan;  en daar sal hulle My sien.


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus/Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook





 


DIE SABBATDAG







DIE  SABBATDAG


Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.  (JESUS) -  Lukas 23:43


Dóódstil was dit dáárdie Saterdag so lank gelede in Jerusalem.  Troosteloos  én hartseer het die volgelinge van Jesus tuis gebly en droewig getréúr oor Hom.  Sy dissipels het met gebroke harte êrens geskuil – hulle was báng!  Hulle het nie geweet wát dalk op húlle kon wag nie ...  Vir hulle moes hierdie dag, die dag tússen die kruisiging en die opstanding, die einde van álles beteken het ... Maar wáár was Jesus dan?  Wáárom het Hy hulle nie kom troos nie?  Die Bybel sê vir óns waar Hy was:  “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!” het Hy vir die man op die kruis langs Hom gesê.  Dít is wáár Jesus was tot die derde dag. Miskien ‘n voorbereiding van die nuwe liggaam waarin Hy verder sou leef?  Mín het hulle geweet dat *dít* eintlik die vóóraand van ‘n núwe begin was, die *begín* van ‘n heel núwe fase in hul lewens  wat gewag het op die ópstánding van hul Heer en Meester!


Stíl en sómber het die dag verbýgegaan, Jerúsalem was stil – álmal wat Hom só liefgehad het, was in sák en ás.  As hulle maar net kon wéét,  dat die Poort tot binne-in die koninkryk van God het wawyd oop gestaan!


As hulle maar kon síén en weet wat ons vándag weet – dat dit  ‘n Méésterplan van God was wat besig was om te ontvou ...  Wees stíl en wág, die wónder is op hande!!!


Maar wat nou van óns???  Óns wat die héle volmaakte Plan hélder en dúídelik voor ons sien ... wát verhoed *óns* om  dánkie vir sê vir Jesus sónder ophou en ons harte *vir ewig* aan Hóm toe te vertrou???  Dít is wat God wil hê ons moet doen en van ons *verwág*!  Maar doen ons dit ...... ??


Dánkie-Dánkie-Dánkie vir ‘n Koningskind wat vir óns gekies het as Sý broers en susters!!!!


Gebed:  Dierbare Jesus *Ú* mý broer Heer??? Dánkie!  Dánkie!  Dánkie!  Neem *Ú* nou mý hart, was dit vlékkeloos skoon en rein, geskik vir  *Ú* om virewig daarin te woon!!!!  Amen


~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus/Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook


https://www.facebook.com/KoningsdogtersEnSeunsvirJesusKingdomDaughtersSons/photos/a.263933510356362.62320.257199281029785/1305646022851767/?type=3&theater