Showing posts with label Kinders. Show all posts
Showing posts with label Kinders. Show all posts

Sunday, 16 April 2017

EK JUIG

EK  JUIG

Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie wonderskone en vreugdevolle dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Koning te wees.

Ek juig, want geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem is te groot nie en ek staan op in die lig, liefde en krag van God my Hemelse Pappa en Jesus my Hemelkoning.

Jy is MÝNE / Facebook

Saturday, 14 June 2014

KINDERS

“Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”  - JESUS - (Matt 19:14)

Die kinders van die wêreld is die volwassenes van die toekoms, daarom is ons almal ten nouste betrokke by hulle.  Waar ons ookal vandag is, wat ons ookal doen, ons kan die kinders van ons wêreld in ons gebede seën.

Ons kan begin deur vir die kinders in ons eie familie te bid.  Laat ons dan die kinders in ons omgewing, in ons land en in die wêreld insluit.

Kinders het ‘n behoefte  aan liefde.  Daar moet vir hulle gesorg word, hulle moet gevoed word, opgelei word, beskerm en gelei word.  In ons eie families, gemeenskappe en dele van die wêreld, sien ons wel om na die kinders.

Deur die krag van ons gebede, kan ons alle kinders dwarsoor die wêreld seën.  Op die vleuels van ons liefde kring ons gebede wyer en wyer uit, tot seën van elke verlore, eensame, bang kind, op enige plek in die wêreld.

Deur ons kinders te seën in ons gebede, seën ons ook ons wêreld en die toekoms van die wêreld.

Gebed:  Seën die kinders van die wêreld, Heer, hulle is die volwassenes van die toekoms.  Laat ook U seënende hand rus op ons land en ons wêreld en beskerm ons teen die versoekings van bose.  Uit eie krag kan ons nie, maar alleen deur Ú krag is die bose magteloos en ons veilig!

~ Uit Daelikse Woord ~

Wednesday, 19 December 2012

KINDERS

Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.  -  Matt. 19:14

Die kinders van die wêreld is die volwassenes van die toekoms, daarom is ons almal ten nouste betrokke by hulle.  Waar ons ookal vandag is, wat ons ookal doen, ons kan die kinders van ons wêreld in ons gebede seën.

Ons kan begin deur vir die kinders in ons eie familie te bid.  Laat ons dan die kinders in ons omgewing, in ons land en in die wêreld insluit.

Kinders het ‘n behoefte aan liefde.  Daar moet vir hulle gesorg word, hulle moet gevoed word, opgelei word, beskerm en gelei word.  In ons eie families, gemeenskappe en dele van die wêreld, sien ons wel om na die kinders.

Deur die krag van ons gebede, kan ons alle kinders dwarsoor die wêreld seën.  Ons opregte omgee-liefde en besorgdheid laat ons gebede nog wyer uitkring, tot seën van elke verlore, eensame, gemolesteerde bang kind wat in ‘n hopie sit, orals dwarsoor die wêreld.

Deur ons kinders te seën in ons gebede, seën ons ook ons wêreld en die toekoms van die wêreld. En Jesus seën weer ons omgee-harte en lewens in antwoord daarop!

Gebed:  Seën die kinders van die wêreld, Heer, seën en wees ook vir ons en ons wêreld genadig.

Praat namens die kinders wat nie self ‘n sê het nie!