KINDERS
Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder
om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense
soos hulle. - Matt. 19:14
Die
kinders van die wêreld is die volwassenes van die toekoms, daarom is ons almal
ten nouste betrokke by hulle. Waar ons
ookal vandag is, wat ons ookal doen, ons kan die kinders van ons wêreld in ons
gebede seën.
Ons
kan begin deur vir die kinders in ons eie familie te bid. Laat ons dan die kinders in ons omgewing, in
ons land en in die wêreld insluit.
Kinders
het ‘n behoefte aan liefde. Daar moet
vir hulle gesorg word, hulle moet gevoed word, opgelei word, beskerm en gelei
word. In ons eie families, gemeenskappe
en dele van die wêreld, sien ons wel om na die kinders.
Deur
die krag van ons gebede, kan ons alle kinders dwarsoor die wêreld seën. Ons opregte omgee-liefde en besorgdheid laat
ons gebede nog wyer uitkring, tot seën van elke verlore, eensame, gemolesteerde
bang kind wat in ‘n hopie sit, orals dwarsoor die wêreld.
Deur
ons kinders te seën in ons gebede, seën ons ook ons wêreld en die toekoms van
die wêreld. En Jesus seën weer ons omgee-harte en lewens in antwoord daarop!
Gebed: Seën die kinders van die wêreld, Heer, seën
en wees ook vir ons en ons wêreld genadig.
No comments:
Post a Comment