DAERAAD VAN LIG
Ja, jý sal die moeite vergeet; soos aan water wat
verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
- Job. 11:16 OV
Hoe
welkom is die môreson na ‘n donker nag!
Na ‘n tyd van leed en ongelukkigheid, hoe welkom is die daeraad van Lig!
‘n
Nuwe dag het vir my aangebreek, ‘n nuwe pad lê voor my oop. Al die ou seer en die ou ongelukkigheid is
soos water wat verbygeloop het. Ek
waardeer en vertroetel alles wat goed en mooi was in my lewe en die res vergeet
ek.
Ek
is ook daartoe in staat om ander mense op te dra aan die ondersteunende,
vrymakende liefde van God. Vandag is ‘n
nuwe dag in my lewe, ‘n dag van lig, ‘n dag van nuwe toewyding, ‘n dag waarin
ek die liefde van God geniet en ook oorvloediglik gee aan andere.
Hoe
wonderlik is die lewe! Hoe allesomvattend
is God se liefde vir my! Hoe vry is ek
om te groei in geloof, om hierdie dag gelukkig, vol vertroue en met blydskap in
te gaan!
Gebed: ‘n Nuwe
dag het vir my aangebreek!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment