HEMELSE OMHELSING
Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil
altyd by Hom en leef onder Sy beskerming.
- Deut. 33:12
Daar
kom tye wat ek net alleen wil wees. Dit
beteken nie dat ek nie omgee vir andere en die hulp wat hulle my probeer gee
nie waardeer nie – ek gee om – maar diep in my hart weet ek dat die die regte
antwoord slegs by die Liefdesbron binne-in my sal vind.
Dan
kom daar ook tye wat ‘n vriendelike omhelsing vir my so baie beteken. Dit verseker my daarvan dat daar nog liefde
in omloop is – dit verseker my van die liefde van my Hemelheer waarin ek steeds
so sag en teer toegevou word. Waar ek
ookal mag wees, Hy is áltyd daar om my in Sy oneindige liefde toe te vou en te
onderskraag.
Sy
teer omhelsing is my stok en my staf deur die lewe heen – dit vertroos my en
help my deur elke uitdaging. Omvou in Sy
tere liefde is daar niks op aarde om te vrees nie, want ek is so veilig by die
Een wat my skuiling bied teen al die aanslae van die lewe heen – die Een onder
wie se beskerming ek leef, ál die dae van my lewe.
Gebed: In Gods
tere omhelsing vind ek altyd rus!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment