INNERLIKE VREDE
Ek het jou nog altyd liefgehad. -
Jer. 31:3
Hoe
heerlik die wete dat God my liefhet, ‘n ewigdurende liefde sonder einde. Hoe diep die rus en vrede wat my siel
binnevloei as ek hierdie liefde my eie maak.
Oor en oor herhaal ek die woorde:
God
het my lief. So dikwels herhaal ek dit, dat die diepe
betekenis daarvan begin deurdring in my
gedagtes, en die vrede en diepe rus wat hierdie woorde teweegbring in my hart
en in my siel, kan nie deur enige persoon of ondervinding aan my gegee word
nie.
God
het my lief. My lewe is vol en bedrywig, maar die vrede
in my hart is soos ‘n kussing tussen my en al die stampe en stote wat ek in die
loop van die dag mag ervaar.
God
het my lief. Ek is Sy geliefde kind, ‘n deel van hierdie
wêreld wat Hy geskep het, deel van die orde wat heers oor heel Sy
skepping. Hy, die een krag en die een
mag in die heelal, sien ook om na my, Sy mensekind, omdat Hy my liefhet.
God
het my lief. Hoe meer ek hierdie waarheid my eie maak,
hoe dieper word my dank, en hoe groter die vrede in my gemoed. Vir ‘n liefde só groots en só onvoorwaardelik
– dankie, baie dankie, Dierbare Hemelvader!
Gebed: God het
my lief!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment