TRAPKLIPPE
U het my ruim vastrapplek gegee, my enkel het nie
geswik nie. - Ps. 18:37
Wanneer
ons op ‘n voetslaanpad is, kom ons miskien by ‘n stroompie wat gewoonlik droog
is, maar wat begin loop het danksy onlangse goeie reëns in die omgewing. Dan begin ons soek. Ons soek na ‘n vlak plek waar die klippe bo
die water uitsteek sodat ons op hulle kan trap en droog anderkant kan uitkom.
Die
lewe is vol sulke trapklippe, deur God daar geplaas sodat ons hulle kan gebruik
om op die regte pad te bly. Ons kom dit
agter wanneer ons aan ‘n groot projek werk en alles sommer seepglad, sonder
enige probleem, verloop. Of miskien het
iets onbeplan gebeur wat ons ‘n nuwe rigting laat inslaan het – ‘n rigting wat
ons lei van sukses tot sukses.
Waar
die trapklippe ons ookal heen mag lei, oog omhoog en hand-aan-hand saamet ons
ons dierbare Heer, volg ons hulle. Ons
weet elke klip is daar geplaas deur ons Leidsman en Stuurman – Hy wat ons
steeds lei van oorwinning tot oorwinning in Sy Heilige Naam! Van die een jaar uit tot binne in ‘n nuwe
jaar. Mag 2013 vir elkeen ‘n jaar wees
belaai met trapklippe daar geplaas vir ons deur ons sorgsame Hemelvader!
Gebed: Dankie,
Heer, vir die trapklippe waarmee U my lei.
No comments:
Post a Comment