LAAT LOS LAAT GOD
Ek versterk jou, Ek help jou. – Jes. 41:10
Wanneer ek ontsteld of hartseer
voel, en gedagtes oorheers my gemoed, is dit tyd om stil te word en my diepste
heiligdom binne te gaan, die plek waar my Heer altyd op my wag.
En daar, in die stilte van my
siel sê Hy vir my: “Moenie hartseer en
ontsteld wees nie my kind, Ek is by jou!
Ek versterk en vertroos jou. Ek
hou jou vas teen my bors en vee jou trane af.”
Wie kan dan nog ongelukkig wees
met die aanhoor van sulke kragtige trooswoorde?
Van alle ontsteltenis raak ek ontslae want ek weet my dierbare Heer is
in bevel van my lewe. Hy neem alle
sombere gedagtes weg en loop elke tree
van die weg saam met my. Niks is bestand
teen Sy krag, liefde en lig nie.
My Heer is my metgesel, my
leidsman, my ware bron van inspirasie en ek kyk op na Sy helder lig wat vertroostend
oor my skyn.
No comments:
Post a Comment