Showing posts with label DIE OPSTANDING. Show all posts
Showing posts with label DIE OPSTANDING. Show all posts

Sunday, 16 April 2017

DIE OPSTANDING







DIE  OPSTANDING
Matt. 28:1-10 (1933 Bybelvertaling)


En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te kyk.  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. En  uit vrees vir hom het die wagters gebewe en soos dooies geword. Maar die engel antwoord en sê vir die vroue”  Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels:  Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het dit vir julle gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap en gehardloop om dit vir sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit vir sy dissipels te vertel, kom Jesus meteens hulle teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle:  Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broers dat hulle na Galiléa moet gaan;  en daar sal hulle My sien.


Koningsdogters- en Seuns vir Jesus/Kingdom Daughters and Sons for Jesus / Facebook





 


Sunday, 8 April 2012




DIE  OPSTANDING


Ek is die opstanding en die lewe.  -  Joh. 11:25


Die opstanding.  Die dag toe die onsigbare sigbaar geword het – die dag toe Jesus nie meer in die graf was nie maar opgestaan het.  En vir die dissipels?  Eers verbystering en ongeloof, daarna begrip en diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde – ‘n diepe hemelse vreugde, nie net vir die dissipels nie, maar vandag ook vir my!

Ek juig, want die klip is weggerol en die lig wat skyn vanuit my hart, skyn helder om my en verlig alles en almal met wie ek vandag in aanraking mag kom.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die liefde wat deur die vensters van my hart vloei, is ‘n hemelse liefde wat alles en almal met wie ek hierdie heuglike dag deel, ophef en beter laat voel.

Ek juig, want die klip is weggerol, en die krag wat in my en om my vloei, stel my in staat om die stralende, gesonde, lewenslustige kind van ‘n hemelse Vader te wees wat ek in der waarheid is – wat ek in die onsigbare is!

Geen uitdaging is meer vir my onoorkomelik nie, geen probleem te groot nie, want die klip is weggerol en ek staan op in die lig, liefde en krag van God.


Gebed:  Die klip is weggerol!


~ Uit Daelikse Woord ~