EK IS STIL
Bedaar en erken dat Ek God is. (Be still and know that I am God.) - Ps
46:11
Ek is stil.
Ek is nie bang
nie. Ek is nie bekommerd nie. Ek is nie gespanne nie. Ek is nie moedeloos nie. Ek is nie hartseer nie.
Ek is stil.
God is my hulp – nou,
net hier waar ek nou is. Hy is die sagte
stem diep in my hart, wat my met woorde van wysheid lei en rig. God is my lig, my veilige hawe en my
krag. Hy is my voorsiening en my
voorsiener, altyd daar om my en almal om my, te beskerm en te seën.
Ek is stil.
Hoe diep die stilte
hier waar ek nou saam met my dierbare Heer verkeer – die plek waar my siel rus
vind in Sy kosbare liefde – die plek waar ek die Lig vind wat ek sal volg tot
heerlike, alles oorwinnende vryheid – die plek waar ek al die Krag sal vind wat
ek ooit mag nodig hê op my pad van Lig deur heel my lewe heen.
Ek is stil, en God praat met my.
Gebed: Ek is
stil en God praat met my!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment