WONDERLIK!
Staan stil en gee ag op die wonders van God. - Job
37:14 (OV)
Is dit nie wonderlik dat ons die geleentheid het om
deur positiewe, liefdevolle, konstruktiewe denke en gevoel ons lewe kan omskep
in ‘n aangename avontuur nie?
Is dit nie wonderlik dat ons vryheid van keuse het en
boonop soveel het om van te kies nie!
Is dit nie wonderlik dat ons van ander kan verskil wat
begeertes, optrede en opinie aanbetref en nogtans vir hulle kan liefhê en
respekteer nie!
Is dit nie wonderlik dat daar oorgenoeg van Gods
goedheid is om in ons almal se behoeftes te voorsien nie!
Is dit nie wonderlik dat niemand van ons geestelike
kwaliteite van ons kan wegneem nie!
Is dit nie wonderlik dat ons kan glo soos ons wil glo
nie, en wat ons glo, dit geskied!
Is dit nie wonderlik dat God liefde en volmaaktheid is
en dat Sy seun in ons woon nie!
Is dit nie wonderlik om elke dag hand-aan-hand saam
met Hom te stap nie!
Gebed: Is die
lewe nie wonderlik nie!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment