HELING
Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy
sal gou herstel. - Jes. 58:8
Is jy siek en vol pyn?
Moenie bekommerd wees nie – word net stil en neem die hand van die Heer
wat in jou woon en die lig sal vir jou deurbreek. Nie soos die rooidag nie, maar soos ‘n
stralende goue lig wat jou hele wese
helder verlig, en heling bring na gees, siel en liggaam.
Maak toe jou oë en sê vir jouself: “Ek is ‘n stralende
energieke Ligwese in ‘n stralende gesonde liggaam. En as my liggaam nog nie hierdie hemelse
waarheid weerspieël nie, dan doen ek nou ‘n beroep op my eie inwonende Christus
Gees om oor te neem.”
Diep in die hart van die atoom, begin die lig stadig
maar seker al hoe helderder skyn. Helder
die Lig in my diepste wese, helder die Lig in elke sel en orgaan, en enigiets
wat dreig om die lig te versper, smelt net weg en verdwyn in hierdie stralende
verblindende lig! My liggaam word omskep
in ‘n gesonde tuiste vir die Ligwese wat ek is!
Ek sien dit! En ek glo dit opreg
met my hele wese!
Gebed: Die Lig
breek vir my deur en ek is gesond, ek glo dit met ‘n passie met my hele wese!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment