Showing posts with label HELING. Show all posts
Showing posts with label HELING. Show all posts

Friday, 29 August 2014

HELING





Daar was krag van die Here om hulle te genees.  -  Luk. 5:17  OV



Christus is die koning van my hart.  Deur Sy krag in my, is ek in staat om gesond te wees na liggaam, siel en gees.

Sy lewenskrag pols deur my are, dit verkwik my siel en bring nuwe lewe aan elke sel, atoom en orgaan van my liggaam.  Dit stel hulle in staat om hul funksies goed en reg uit te voer, in harmonie met die res van my liggaam.

Met rus en vrede in my gemoed, ontspan ek in die wete dat God nou aan die werk is in my hele liggaam.  Dít wat nie in harmonie met Sy lig en liefde is nie, herstel Hy nou, en ek is oor niks meer bekommerd of bang nie.  Ek vertrou Hom met my hele wese.

Die krag van Sy lewe in my vul my met nuwe lewensblyheid.  Ek glo nie ek kan meer vrede vir my gemoed ondervind nie, meer geloof demonstreer of ‘n beter lewe voer nie, as om vas te glo dat die helende krag en lewe van Christus altyd in my en deur my werk en straal, om my te heel en te vul met nuwe energie en lewenskrag.



Gebed:  Ek lewe en bestaan in die lewenskrag van Christus.



~ Uit Daelikse Woord ~




Sunday, 10 August 2014





HELING


Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel.  -  Jes. 58:8


Is jy siek en vol pyn?  Moenie bekommerd wees nie – word net stil en neem die hand van die Heer wat in jou woon en die lig sal vir jou deurbreek.  Nie soos die rooidag nie, maar soos ‘n stralende goue lig wat  jou hele wese helder verlig, en heling bring na gees, siel en liggaam.

Maak toe jou oë en sê vir jouself: “Ek is ‘n stralende energieke Ligwese in ‘n stralende gesonde liggaam.  En as my liggaam nog nie hierdie hemelse waarheid weerspieël nie, dan doen ek nou ‘n beroep op my eie inwonende Christus Gees om oor te neem.”

Diep in die hart van die atoom, begin die lig stadig maar seker al hoe helderder skyn.  Helder die Lig in my diepste wese, helder die Lig in elke sel en orgaan, en enigiets wat dreig om die lig te versper, smelt net weg en verdwyn in hierdie stralende verblindende lig!  My liggaam word omskep in ‘n gesonde tuiste vir die Ligwese wat ek is!  Ek sien dit!  En ek glo dit opreg met my hele wese!


Gebed:  Die Lig breek vir my deur en ek is gesond, ek glo dit met ‘n passie met my hele wese!



~ Uit Daelikse Woord ~



Friday, 8 August 2014





HELING


Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel.  -  Jes. 58:8


Is jy siek en vol pyn?  Moenie bekommerd wees nie – word net stil en neem die hand van die Heer wat in jou woon en die lig sal vir jou deurbreek.  Nie soos die rooidag nie, maar soos ‘n stralende goue lig wat  jou hele wese helder verlig, en heling bring na gees, siel en liggaam.

Maak toe jou oë en sê vir jouself: “Ek is ‘n stralende energieke Ligwese in ‘n stralende gesonde liggaam.  En as my liggaam nog nie hierdie hemelse waarheid weerspieël nie, dan doen ek nou ‘n beroep op my eie inwonende Christus Gees om oor te neem.”

Diep in die hart van die atoom, begin die lig stadig maar seker al hoe helderder skyn.  Helder die Lig in my diepste wese, helder die Lig in elke sel en orgaan, en enigiets wat dreig om die lig te versper, smelt net weg en verdwyn in hierdie stralende verblindende lig!  My liggaam word omskep in ‘n gesonde tuiste vir die Ligwese wat ek is!  Ek sien dit!  En ek glo dit opreg met my hele wese!


Gebed:  Die Lig breek vir my deur en ek is gesond, ek glo dit met ‘n passie met my hele wese!


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 17 July 2014





HELING


Weet julle nie dat julle die tempel van God is nie en dat die Gees van God in julle woon nie?  -  1 Kor. 3:16


Dink net!  Hierdie liggaam waarin ek woon, is ‘n tempel van God, en Christus woon in al sy glorie binne-in hierdie tempel.

Onder die invloed van sy hemelse liefde, werk al my selle, organe, spiere, en my hele senuweestelsel, in volmaakte harmonie saam om my liggaam gesond en sterk te maak.

Gods lewenskrag pols in my hart en vloei in my are, en die lig wat dit in my liggaam versprei, suiwer, hernu, herbou en voed elke sel.  Al hoe helderder skyn dit in my en deur my, werp alles uit wat nie van  Sy lig is nie, totdat daar niks oorbly wat die glans van hierdie stralende lig kan verdof nie.

Dit is ‘n verkwikkende, lewegewende stroom van energie wat my sterk en gesond maak, met genoeg energie om te doen dit wat ek moet doen om hierdie aarde ‘n beter plek te maak vir alles en almal wat daarop woon.  Dit is sy lig, liefde en krag wat immer in en deur my werk en straal, wat hierdie liggaam omskep in ‘n stralende tempel van God.


Gebed:  Gods, lewenskrag pols in my hart en vloei in my are.


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 3 January 2013






HELING

Julle gees en gedagtes moet nuut word;  lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskape is.  Ef. 4:23-24

Wat beteken dit om nuut te word?  Dit beteken om in elke opsig ‘n nuwe mens te word, na gees, siel en liggaam.  Dit beteken om deur die lewenskrag van God omskep te word in ‘n nuwe mens – om Sy lig, liefde en krag wondere te laat verrig in elke sel, elke orgaan, in my denke en in my liggaam.

Ek is ‘n kosbare kind van God, geskape deur Hom na Sy beeld, en ek lê nie hierdie grootse waarheid aan bande deur aandag te gee aan simptome of omstandighede nie.  Alle pyn, alle ongerief, dra ek in gebed op aan Hom.  Ek sien Sy lig helder in en deur my skyn, en my liggaam word, omskep in ‘n stralende tempel van lig.

In hierdie proses omvou my hele lewe in harmonie met Gods wil.  En sou genesing nie onmiddellik kom nie, sien ek dit as net nog ‘n tree op my lewensweg volgens God se wil, wat my al hoe nader na Gods troon toe lei.  My ongemak word omskep in ‘n trap van lig op my pad van lig.  Stadigaan sal ek al hoe beter voel – ek sal al hoe gelukkiger word – ‘n stralende kind van die lig, genees deur Gods nimmereindigende krag volgens sy plan en tyd!

Gebed: Gods lewenskrag hernu my!

~ Uit Daelikse Woord ~






Saturday, 8 December 2012





HELING

Besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? 
1 Kor. 6:19

Die krag van die Heilige Gees werk gedurig in my en deur my.  Dit is ‘n lewenskrag wat genesing bring en hernuwing.  Met my aandag hierop gevestig, kan uiterlike dinge my nie skade aandoen nie. Na liggaam en gees is ek heel en vry.

Die krag van die Heilige Gees maak my gesond.  Dit is die lewenskrag van God wat voortdurend in my en deur my vloei.  Elke sel, spier en orgaan van my liggaam, werk doeltreffend en in harmonie saam om ‘n gesonde liggaam te verseker onder die invloed van hierdie hemelse stralende lewenskrag.  Om te dink – hierdie krag is binne-in my!  Dit maak my sterk en hernu elke deeltjie van hierdie liggaamstempel.

Die krag van die Heilige Gees maak my gesond.  Hoe groot die blydskap vir hierdie genade-gawe van ons ons dierbare Heer – baie, baie dankie Vader!

Dankie vir die vrede en rus wat nou my gemoed binnevloei, omdat ek oortuig is daarvan dat ek deur die krag van U Heilige Gees in my genees word.

Gebed:  Dankie Heer, vir U wonder-werkende Heilige Gees in my!

~ Uit Daelikse Woord ~





Saturday, 1 December 2012





HELING

Vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here;  en Ek sal hulle genees.  – Jes. 57:19  OV

Heer van my hart, ek voel vandag nie lekker nie.  U weet van die pyn, U weet van die seer, nie net in my liggaam nie, maar ook in my hart, en ek vra U, laat U helende krag nou in en deur my straal en dit wat nie in harmonie is met U liefde nie, dit wat nie helder verlig is in U lig nie, nou totaal uitwis.

In die vrede wat net U kan gee, ontspan en rus ek nou, sodat U lewenskrag wat klop in my hart en vloei in my are, lig kan bring, en liefde, deur heel my liggaam heen.

Ek maak my oë toe en ek sien hoe hierdie lig al hoe helderder in en deur my ganse wese begin skyn, en alles uitwis wat nie van die lig is nie – ek sien hoe U liefde my ganse wese in harmonie bring met die wonder van U lewe in my.  Ek glo in U helende krag wat nou alles wat verkeerd is regstel, en ‘n diep vrede wat net U kan gee, vul my hart en gemoed.  Uit die diepte van my hart sê ek, Dankie, Vader, dat U my gehoor het – dankie dat U my altyd hoor.  Dankie vir die wonder van U wat alles wat verkeerd is, reg stel.

Gebed:  U, Heer, maak my nou gesond. Baie, baie dankie!

~ Uit Daelikse Woord ~





Tuesday, 11 September 2012





HELING


Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here. – Jer. 30:17


Heer, in gebed nader ek nou U troon van genade, en besef opnuut hoe na aan U ek werklik is.  My gedagtes en my woorde rig ek tot U, o God, en my liggaam reageer op die werke van U helende krag wat nou in en deur my straal.

In U Heer, lewe ek.  U lewe is my lewe – dit wat my laat lewe en asemhaal.  Diep in my wese raak ek die bron van U lewensenergie aan – U lig skyn in en deur elke sel en atoom van hierdie liggaam,  U liefde skep harmonie in die werkinge van hierdie liggaam, en U krag is die krag wat my keer op keer laat opstaan en loop, hernu na gees, siel en liggaam.

Elke dag sonder ek tyd af vir gebed – ek maak dit deel van my daaglikse lewenspatroon.  Hierdie gebed van my neem verskillende vorms aan – dit kan net ‘n gedagte wees wat my herinner aan U teenwoordigheid in my, dit kan in woorde gesê word, of net ‘n blye afwagting op ‘n seën wees.

Heer, my bede is vandag dat ek nie een oomblik mag vergeet van U liefde, lig en krag so vrylik tot my beskikking nie.  Help my Heer, om dit te gebruik.


Gebed:  U lewe Heer, is my krag en my sterkte!


~ Uit Daelikse Woord ~




Monday, 27 August 2012






HELING


U is die bron van die lewe.  -  Ps. 36:10


Die Gees van Christus in ons, is ons bron van lewe en energie.  Hoe sterk en kragtig voel ons nie as ons hierdie waarheid besef nie!  Christus is die lewe en krag in die kern van ons wese!

Ons liggaam weerspieël ook getrou dit waarop ons gedagtes gevestig is.  As ons dus steeds daaraan dink dat ons liggaam stralend is in die stralende lig van ons Christus-Gees, weerspieël ons liggaam meer lewenslus en gesondheid.

Elke dag as ons daaraan dink dat Christus die bron van lewe, van lig en krag, steeds in en deur ons lewe en werk, word Hy opnuut in ons hart gebore.  Ons sien hoe Sy lewenskrag in en deur elke sel, atoom en orgaan in ons liggaamstempel werk en straal, en sê dankie vir so ‘n wonder-krag wat ons heel na gees, siel en liggaam.

Dankie, Heer van ons hart!


Gebed:  Dankie, Heer, vir U lewenskrag altyd daar vir my!


~ Uit Daelikse Woord ~

Thursday, 16 February 2012





HELING


Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees.   Jer  30:17


My inwonende Christus, die Prins van liefde wat in my hart woon, is altyd daar om my te vul met nuwe lewenskrag en energie en ek het niks anders nodig, as ek Hom ken op al my weë nie!

Ek sluit my oë en konsentreer op hierdie hemelse teenwoordigheid binne-in my.  Ek sien hoe Sy lig my ganse wese deurstraal – hoe elke sel en orgaan helder verlig word, en alles wat nie van die lig is nie, uitgewis word. Na siel en liggaam word ek hernu.

Hierdie helingsproses is ook nie beperk tot die paar oomblikke wat ek daaraan aandag gee nie – dit is altyd daar. Wanneer ek my gedagtes stil maak en daarop konsentreer, kom ek in harmonie met die wonderwerkende krag daarvan.

Die lig van die Vader verhelder my denke en omskep my gedagtes in lig-gedagtes.

Die liefde van die Seun vul my hart en skep harmonie in die werkinge van my liggaam.

Die krag van die Heilige Gees vul my met nuwe lewenskrag en energie, en ek is ‘n stralende, gesonde kind van die lig!


Gebed:  Ek is ‘n stralende, gesonde kind van die lig!


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 29 December 2011





HELING


Die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.  -  2 Kor. 13:13


Die helende liefde van God raak elke liggaamsel van ons aan.  Niks wat nie in harmonie met hierdie liefde kan saamwerk nie, kan staande bly in hierdie magtige stroom van liefde nie.

As ons sukkel om ons gedagtes op God en Sy werke gerig te hou, word ons stil.  Ons gaan ons binnekamer  binne en vra die Heer van ons hart vir Sy hulp.  Hy seën ons gedagtes, maak ons rustig en kalm en bring genesing vir ons na siel en liggaam.

Hierdie helende liefde werk nie net in ons nie, maar ook om ons.  Dit bring orde in ons sake en belange en maak ons voorspoedig.

Verlang ons na beter menseverhoudings tussen ons en ons vriende, familie en medewerkers?  Dan maak ons ‘n beroep op Sy liefde om enige disharmonie wat tussen ons en hulle mag bestaan, uit die weg te ruim.  Hy reageer op elke versoek, en Sy liefde bring vergifnis en liefde teenoor almal ons harte binne.


Gebed:  Die liefde van God vloei nou in my en om my!


~ Uit Daelikse Woord ~