Eensaamheid
Jy sit dalk vanoggend
alleen, terwyl daar mense is wat tussen geliefdes is of dalk sit jy in 'n huis
vol geliefdes, maar huil jy tóg binne-in jou hart van eensaamheid en hartseer.
Wie sal tog weet en
agterkom as jy net 'n glimlag opsit en toneel speel dat dit "goed"
gaan met jou?
Jesus sal vanmôre vir
jou antwoord. Hy weet vanmôre wat in jou
hart en gemoed aangaan.
Hy was ook só alleen
en Hy was ook só verlaat, maar die grootste wonderwerk ooit, is dat Gód jou óntsettend
baie liéf het en net hier náby jou is op hierdie oomblik en dat Hý jou stýf teen Sy Vaderbors wil váshou!
Hý is vanmôre vir jóú
Immanuel, God met jóú!
E-kaart: Poppie Oosthuizen
Koningsdogters vir Jesus @ Facebook
No comments:
Post a Comment