Rots van my hart
God is die rots van my hart en my deel tot in
ewigheid. - Ps. 73:26 (OV)
Liewe Vader, laat my vandag só bewus wees van u teenwoordigheid
en krag dat NIKS my kan steur of ontstel
nie. Ú lig skyn hélder in my om my en in
onsekerheid wys Ú helderblink lig vir my die pad aan.
Liewe Vader, laat my vandag só bewus wees van Ú
liefde, dat ek die hele dag gekoester en vertroos voel. Terwyl ek in U liefde rus, kyk ek na die
wêreld met oë van liefde. Ek gee liefde,
en trek liefdevolle en gelukkige ervaringe na my toe aan.
Liewe Vader, laat my vandag so bewus wees van Ú krag dat ek nie één
oomblik geïrriteerd of ongelukkig kan voel nie.
In U krag, styg ek bó hartseer uit.
Ek word vrygemaak van vrees, U krag en vreugde vul my.
Liewe Vader, laat my vandag so van Ú lewe en nabyheid bewus wees
dat my hele liggaam die aanraking van u polsende lewenskrag kan voel. Gevestig in U lewe voel is ek vol energie en
lus vir die lewe. Ek voel U ónveranderlike,
éwige lewe binne-in my. Ek word volkome deur
Ú genees.
Gebed: Dankie Heer dat Ú die rots
van mý hart is.
~ Daelikse
Woord ~
♡
Jesus se Seunskind / Facebook ♡
♡†♡ Aan God drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die
stabiliteit van my internet konneksie.
Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen
boodskappe uitgestuur kan word nie.)
1 comment:
Very Well Written . Keep Posting More.
Amit lamba
Amit lamba
Post a Comment