‘n
Meer moderne beskrywing van Maria se besoek aan haar Tannie Elisabet
en die waaroms en hoekoms.
Van
die vroegste tye af, was mense nog lief daarvoor om mense uitmekaar te trek en
redes vir alles te soek, waar nooit redes, waaroms en hoekoms bestaan het nie. Ek het hierdie verkorte gedeelte gekry uit ‘n
skrywe van die NGK Universitasrif en wil dit graag met julle deel
...
Waarom
gaan Maria by Elisabet bly? Was dit
omdat sy dalk skaam was omdat sy verwag sonder dat sy getroud was? Was daar dalk sprake van ’n skande? Wel, haar tannie Elisabet was ook swanger en
dit op haar oudag. Wat ’n snaakse paar
kan mens sê, een stokoud maar vyf of meer maande swanger, die bloedjonk, pas
swanger! En die man in die geselskap,
arme Sagaria, hy is stom. Stom,
verslae. Pas nogal ons mans as die
skok van God se regtige teenwoordigheid ons tref. Die verklaring vir hul saamwees is egter in
alle waarskynlikheid nie skaamte of skande nie. Dink weer aan die verskil in die tydperk waarin Maria, Elisabet en Sagaria
geleef het in vergelyking met die
tyd wat ons vandag leef ....
Kyk
na Maria. Dis hoogs onwaarskynlik dat sy ’n selfoon gehad om Elizabeth te
vertel van die Engel Gabriël se besoek en woorde nie.
Elizabeth nog minder, sy was al oud, ou mense sukkel met nuwe tegnologie. Jy kan ook nie bra ‘n drie maande lange selfoon gesprek voer nie. Dink aan die
rekening! En wat maak jy met die stomme Sagaria? Stuur maar foto’s oor sy
gebare tussen mekaar?
Teologie
word in die gemeenskap van gelowiges gedoen waar jy die vrees en wonder, die
onmoontlike van Gabriël se besoek, van die Here se woorde, vertel. Waar jy in
mekaar se teenwoordigheid die HG in jou voel skop met die voetjies en handjies
van nuwe lewe wat as ‘n wonder verwek
is. Teologie is die onweerstaanbare getuienis oor iets so groots dat jy dit
self nie kan glo nie. Dis so groot jy het drie maande nodig om dit in woorde te kan omsit. Teologie is ’n respons op
God, op die Gees, se lewegewende teenwoordigheid: soos met klein Johannes nog
in sy Ma se binneste, bring dit beweging, vreugde, ’n opskop! Teologie vind
plaas as mense saam verwag … en daardie
verwag is gevul met ’n duisend emosies. In Maria en Elizabeth se stories is daar
insinuasies van skande, klag, spot, belofte, vreemdheid, vreugde, pyn, bloed en
trane. Al hierdie emosies vind plaas in gemeenskap, in saamwees, in onsekerheid
oor die toekoms en wat alles gaan volg. Elizabeth en Maria, altwee eenvoudige
en ongeleerde vroue, se versterking is waarskynlik meer in hulle saamwees as in
geleerde woorde en besprekings.
Mens
sien dit dikwels in Afrika waar die
Afrika groei, waar mense sonder die mag van woorde uit hulle wese uit sing en
bid en dans en verwag en leef en hoop op God. Saamwees kan so iets dinamies
wees– die krag van die HG het mense getrek en ingetrek, versterk en verander.
Is dit nog so? Of het die geboue en gewoontes, die reëls en regulasies, die
Gees gedemp?
Teologie verstik die oomblik wanneer jy dit begin vasdruk in dogma en vergaderings, as jy ophou om daarmee op reis te wees agter die eenvoudiges, hongeriges, stukkende en magteloses aan. Het julle daarna op reis gegaan die wêreld in agter Jesus aan? Het julle dissipels of skrifgeleerdes geword? Waar is julle nou?
Teologie verstik die oomblik wanneer jy dit begin vasdruk in dogma en vergaderings, as jy ophou om daarmee op reis te wees agter die eenvoudiges, hongeriges, stukkende en magteloses aan. Het julle daarna op reis gegaan die wêreld in agter Jesus aan? Het julle dissipels of skrifgeleerdes geword? Waar is julle nou?
SLOT
: Maria se voorbeeld laat mens smag om ’n gemeente van teoloë te wees. Mense
wat God met hulle hoor praat het en God op sy woord geneem het deur ondanks
hulle tekortkominge en eenvoud te sê:
“Ek
is tot beskikking van die Here, laat my gebeur wat u gesê het!”
Baie dankie NGK Universitasrif, vir hierdie skrywe van 2008,
wat ek verkort en effe aangepas het
Gepos
deur Poppie Oosthuizen, Koningsdogters vir Jesus/ Facebook
1 comment:
view videos full xhamster.com , momodani erika , mitsuna rei , hatano yui , akiho yoshizawa
Post a Comment