Showing posts with label 'N NUWE MENS. Show all posts
Showing posts with label 'N NUWE MENS. Show all posts

Sunday, 1 May 2016

'n Nuwe Mens








‘N  NUWE  MENS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby.  -  2 Kor. 5:17


Miskien het jy onder mense se onbedagsame tonge deurgeloop ... wat jou  beskuldig het as dom, vergeetagtig, onhandig, skaam of hulle het jou uitgekryt as te maer of te vet of selfs lelik ...  Sulke aantygings het die nare gewoonte om vas te haak in mens se gedagtes, sommer vir baie jare en wanneer jy dit die minste verwag, kom dit weer kristalhelder terug na jou toe ...  Wat is die beste manier om van so ‘n onaangename “label” ontslae te raak en te begin glo in jou eie waarde as mens?


Begin nou sommer ónmiddelik om die núwe mens te wees wat jy graag sal wil wees, deur vir jouself te sê dat jy deur Jésus Christus wat in jou woon, ‘n nuwe mens *is* en gee hierdie onwelkome “pakkie” vir Hom wie jou so ontsettend baie liefhet.  Begin dan ook dádelik om die stelling uit te leef.  In Sý lig, liefde en krag, jou drie stralende diamante, beskik jy oor *alles* wat jy nodig het om die nuwe mens te wees wat jy graag wil wees.  Daardie “labels” op jou is net tydelik vasgeplak en wag net om van jou af te val.  En JESUS *sάl* dit vir jou laat gebeur as jy hom net vrá en gló en vertróú daarmee!


Géén negatiewe siening het énige houvas meer op jou nie.  Die ou dinge is verbý, en omdat jy met hárt en síél aan Christus behoort, en Hý die Leidsman en Koning van jou hart is, sál *alles* wat jy sê en doen van nóú af slegs Sý goeie lewens kwaliteite , Sy líéfde, líg en krág uitbeeld!


Gebed:  Dánkie Here Jesus, ek is nóú ‘n núwe mens.  Die óú dinge is viréwig verby!



 ~ Uit Daelikse Woord  Aangepas ~



Trane in God se Fles / Facebook


 


Sunday, 18 December 2011





‘N NUWE MENS


Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby, die nuwe het gekom.  – 2 Kor. 5:17


Hoe meer ek die waarheid dat Christus in my woon, my eie maak, hoe meer besef ek dat daar geen perke is aan wat ek kan bereik in Sy krag en liefde nie.  Hoe meer ek Hom nader in gebed, hoe helderder skyn Sy lig in my lewe.

Vrede en harmonie heers in my hart.  Hierdie vrede en harmonie waarvan my hart so vol is, kan gesien word as wysheid, gesondheid en lewensvreugde.  Ek word waarlik ‘n nuwe mens, wedergebore in Christus wat in my en deur my lewe.

Vir geen oomblik laat ek my gedagtes toe om af te dwaal van hierdie grootse waarheid nie.  Ek leef nie alleen nie, ek leef saam met die Heer van my hart.  Ek waag om dapper te wees, ek waag om liefdevol te wees, ek waag om te glo in die goedheid van my medemens – ek waag om te leef soos dit ‘n volwasse kind van God betaam om te leef – soos iemand vir wie die oue verby is – iemand wat ‘n nuwe mens is!


Gebed:  Ek behoort aan Christus en is ‘n nuwe mens!


~ Uit Daelikse Woord ~