‘N NUWE
MENS
Iemand
wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.
Die oue is verby. - 2 Kor. 5:17
Miskien het jy onder mense
se onbedagsame tonge deurgeloop ... wat jou
beskuldig het as dom, vergeetagtig, onhandig, skaam of hulle het jou
uitgekryt as te maer of te vet of selfs lelik ... Sulke aantygings het die nare gewoonte om vas
te haak in mens se gedagtes, sommer vir baie jare en wanneer jy dit die minste
verwag, kom dit weer kristalhelder terug na jou toe ... Wat is die beste manier om van so ‘n
onaangename “label” ontslae te raak en te begin glo in jou eie waarde as mens?
Begin nou sommer ónmiddelik
om die núwe mens te wees wat jy graag sal wil wees, deur vir jouself te sê dat
jy deur Jésus Christus wat in jou woon, ‘n nuwe mens *is* en gee hierdie
onwelkome “pakkie” vir Hom wie jou so ontsettend baie liefhet. Begin dan ook dádelik om die stelling uit te
leef. In Sý lig, liefde en krag, jou
drie stralende diamante, beskik jy oor *alles* wat jy nodig het om die nuwe
mens te wees wat jy graag wil wees.
Daardie “labels” op jou is net tydelik vasgeplak en wag net om van jou
af te val. En JESUS *sάl* dit vir jou
laat gebeur as jy hom net vrá en gló en vertróú daarmee!
Géén negatiewe siening het
énige houvas meer op jou nie. Die ou
dinge is verbý, en omdat jy met hárt en síél aan Christus behoort, en Hý die
Leidsman en Koning van jou hart is, sál *alles* wat jy sê en doen van nóú af
slegs Sý goeie lewens kwaliteite , Sy líéfde, líg en krág uitbeeld!
Gebed: Dánkie Here Jesus, ek is nóú ‘n núwe
mens. Die óú dinge is viréwig verby!
~ Uit Daelikse Woord Aangepas ~
Trane in God se Fles /
Facebook
No comments:
Post a Comment