BESKERMING
Moenie bang wees nie, want
Ek is by jou. - Gen. 26:24
Hoe heerlik is dit om te
weet dat Gods se lig, liefde en krag áltyd tot my beskikking is, al is die
uitdaging waarvoor ek te staan kom ook hóé groot.
Met Hóm aan my sy, kan énige
uitdaging omskep word in ‘n seën op my hemelse pad van lig. Élke tree van die pad is Hy dáár om vir my te
lei in Sy lig, te omvou en onderskraag in Sy líéfde, en Sy krág om my ‘n
oorwinnaar te maak. Met wapenrusting soos híérdie op my lewenspad, word ek gelei
tot groter sukses en lewensvreugde.
Christus beskerm my en lei
my. Wáár ek ookal mag gaan en wát ek
ookal mag doen, Hy is áltyd aan my sy.
Hy is my stok en my staf, en in Sý liefde gaan Hy voor my uit om die pad
wat ek moet gaan véílig en tot my hóógste heil te maak.
Dánkie Heer, vir *Ú* liefde
wat mý én my geliefdes voortdurend omvóú en beskérm – vir U lig *só* helder op
ons lewenspad, en vir élke uitdaging wat ons suksesvol oorkom in *Ú* krag en
genade. Báie dankie, dierbare Vader.
Gebed: In *Ú* lig Heer, handel en wandel ek!
~
Uit Daelikse Woord ~
Silwer
Hare Tussen Goud / Facebook
No comments:
Post a Comment