Showing posts with label BESKERMING. Show all posts
Showing posts with label BESKERMING. Show all posts

Saturday, 14 May 2016

Beskerming








BESKERMING


Moenie bang wees nie, want Ek is by jou.  -  Gen. 26:24


Hoe heerlik is dit om te weet dat Gods se lig, liefde en krag áltyd tot my beskikking is, al is die uitdaging waarvoor ek te staan kom ook hóé groot.


Met Hóm aan my sy, kan énige uitdaging omskep word in ‘n seën op my hemelse pad van lig.  Élke tree van die pad is Hy dáár om vir my te lei in Sy lig, te omvou en onderskraag in Sy líéfde, en Sy krág om my ‘n oorwinnaar te maak. Met wapenrusting soos híérdie op my lewenspad, word ek gelei tot groter sukses en lewensvreugde.


Christus beskerm my en lei my.  Wáár ek ookal mag gaan en wát ek ookal mag doen, Hy is áltyd aan my sy.  Hy is my stok en my staf, en in Sý liefde gaan Hy voor my uit om die pad wat ek moet gaan véílig en tot my hóógste heil te maak.


Dánkie Heer, vir *Ú* liefde wat mý én my geliefdes voortdurend omvóú en beskérm – vir U lig *só* helder op ons lewenspad, en vir élke uitdaging wat ons suksesvol oorkom in *Ú* krag en genade.  Báie dankie, dierbare Vader.


Gebed:  In *Ú* lig Heer, handel en wandel ek!


~ Uit Daelikse Woord ~


Silwer Hare Tussen Goud / Facebook





 


Friday, 13 November 2015

Beskerming








Beskerming


Die Here is my toevlug, vier wie sou ek vrees?  -  Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek wéét my Heer is mét my om my te beskérm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nié is nie.  Daar is *niks* wat Hy nié kan heel nie – en *géén* uitdaging waardeur Hy my nie véilig kan lei nie!


Die wete dat ek nóóit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blýmoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van ál die krag wat ek óóit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die régte besluite te neem en die móéd en dúrf om dit deur te voer.


As ek in die diépste duisternis is, is my Heer mét my.  Sweef ek oor die hóógste bergtoppe van púre geluk – dan is Hy ook stééds daar by my.  In my smárt en in my vréúgde is Hý die tróúe Vriend aan my sy.  Hy help my om pósitief te bly onder álle omstandighede, en saam met Hóm word elke probleem slegs ‘n gelééntheid om *nóg* nader aan Hom te g


Élke oomblik, élke uur, is Hy mét my – vir wié sou ek dan vrees!


Gebed:  Die Here is my toevlug.



Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






Thursday, 20 December 2012






BESKERMING


Elke belofte van God is betroubaar;  Hy beskerm die wat by Hom skuil.  -  Spr. 30:5


Elke nuwe dag wat aanbreek, onthou ek om my Heer te dank vir Sy nabyheid – ek sê vir hom dankie dat Hy vandag en elke dag my Metgesel is.  Soos ‘n skaapwagter oor sy kudde waak, so waak my Hemelse Vader oor my en my geliefdes.  Met entoesiasme en vreugde gaan ek hierdie pragtige nuwe dag tegemoet wat Hy my so genadiglik geskenk het.  Ek weet Hy lei my, onderskraag en beskerm my, elke tree van die paadjie wat ek moet stap.

Hoe mooi strek hierdie dag nie voor my uit nie.  As ek oppad is – ry my Heer saam met my.  En wanneer ek by my werk of enige ander plek is of ook selfs met die geríngste sleurwerkie besig is, inspireer Hy my met nuwe idees en vervul hy my hart met liefde en geduld teenoor my medewerkers.  Dit is Hy wat my siel laat sing binne-in my.  ‘n Vrolike lied wat gesien word in die vreugde wat my oë weerspieël en ‘n blye glimlag wat speel om my mondhoeke.

Die vriendelike manier waarop ek met my medemens kommunikeer, maak hulle ook weer vriendelik teenoor my, en ek voel veilig en beskermd dwarsdeur hierdie mooie dag!


Gebed:  Ek skuil by God.


~ Uit Daelikse Woord ~


Sunday, 9 December 2012





BESKERMING

Hou moed en wees dapper! … want die Here julle God gaan saam met julle. – Deut. 31:6

Wat ons ookal mag deurgaan, die leiding en beskerming van God is altyd daar.  Soms word dit op ‘n dramatiese wyse aan ons openbaar, terwyl ons ander tye geleidelik daarvan bewus word.

Omdat Christus in ons woon, en ons Hom ken op al ons weë, kan niks ooit tussen ons en Sy beskerming vir ons kom staan nie.  Elke keer as ons ons diepste heiligdom in gebed binnegaan, word ons opnuut herinner aan Sy liefde en beskerming vir ons en ons geliefdes.

Dit is in hierdie stil oomblikke van gebed wat ons in die lig van Sy liefde ontspan en rus vind, en dankie sê vir Sy krag en beskerming wat ons elke oomblik van die dag of die nag omvou en beveilig.

Ons vaste geloof in Sy beskermende krag, maak ons vry van alle vrese of gedagtes wat ons daarvan weerhou om ons lewe ten volle te geniet, en met vaste tred ons ideale na te streef.

Gebed:  God beskerm my op al my weë!

~ Uit Daelikse Woord ~




Tuesday, 2 October 2012





BESKERMING


Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee.  -  Ef.  6:11


Wapenrusting word beskryf as die dinge waarop mens vertrou vir beskerming, en in die Bybel beskryf Paulus die volle wapenrusting van God as:  “die waarheid … geregtigheid … die evangelie van vrede, … die skild van geloof.”

Vir my beskerming trek ek die volle wapenrusting van God aan.  Eerste trek ek die waarheid aan deur te bevestig dat ek ‘n kind van God is, beskerm en gelei deur my liefdevolle Vader, waar ek ookal mag gaan.  Ek trek aan geregtigheid, want my lewe is in ooreenstemming met die wet van God.  Ek trek vrede aan.  Ek weet die vrede wat ek uitstraal, sal ook vrede na my toe aantrek.  Maar bowe alles, trek ek die skild van geloof aan.  My vertroue is op God wat almagtig is en in staat daartoe om my volkome en sonder faal te beskerm.

Ek word geheel en al beskerm deur God, bedags en snags, tuis of weg.  Ek sien almal vir wie ek bid ook geklee in die volle wapenrusting van God.  Ook hulle is veilig en beskermd te alle tye.


Gebed:  Ek trek die volle wapenrusting van God aan.


~ Uit Daelikse Woord ~





Sunday, 17 June 2012





BESKERMING


Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?   - Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek weet my Heer is met my om my te beskerm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nie is nie.  Daar is niks wat Hy nie kan heel nie – geen uitdaging waardeur Hy my nie veilig kan lei nie.

Die wete dat ek nooit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blymoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van al die krag wat ek ooit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die regte besluite te neem en die moed en durf om dit deur te voer.

Is ek in die diepste duisternis – my Heer is met my.  Sweef ek oor die bergtoppe van suiwer geluk – ook daar is Hy steeds met my.  In my smart en in my vreugde is Hy die troue vriend aan my sy.  Hy help my om positief te bly onder alle omstandighede, en saam met Hom word elke probleem slegs ‘n geleentheid om nog nader aan Hom te groei.

Elke oomblik, elke uur, is Hy met my – vir wie sou ek dan vrees?


Gebed:  Die Here is my toevlug.


~ Uit Daelikse Woord ~




Monday, 7 May 2012





BESKERMING


Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?   - Ps. 27:1


Waar ek ookal vandag mag gaan en wat ek ookal mag doen, ek weet my Heer is met my om my te beskerm en te onderskraag.  Ek kan nêrens wees waar Hy nie is nie.  Daar is niks wat Hy nie kan heel nie – geen uitdaging waardeur Hy my nie veilig kan lei nie.

Die wete dat ek nooit alleen is nie, vul my met die nodige moed en krag om blymoedig voort te gaan.  Hy voorsien my van al die krag wat ek ooit nodig mag hê, van die wysheid en intelligensie om die regte besluite te neem en die moed en durf om dit deur te voer.

Is ek in die diepste duisternis – my Heer is met my.  Sweef ek oor die bergtoppe van suiwer geluk – ook daar is Hy steeds met my.  In my smart en in my vreugde is Hy die troue vriend aan my sy.  Hy help my om positief te bly onder alle omstandighede, en saam met Hom word elke probleem slegs ‘n geleentheid om nog nader aan Hom te groei.

Elke oomblik, elke uur, is Hy met my – vir wie sou ek dan vrees?


Gebed:  Die Here is my toevlug.


~ Uit Daelikse Woord ~




Saturday, 14 April 2012





BESKERMING


En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. 
Deut. 31:6 OV


Jesus het geweet dat Hy ten alle tye veilig onder die beskerming van God was. In Sy handel en Sy wandel, in alles wat Hy gedoen het, was Hy altyd een met God, een met Sy lig, Sy liefde en krag, en niks en niemand kon daardie band tussen Hom en God verbreek nie

Net so kan ons ook staatmaak op die beskerming van ons Heer.  Die Prins van liefde het Sy intrek geneem in ons harte, en as ons ons  dag aan Hom wy in ons stil tye van gebed, kan ons seker daarvan wees dat Hy oor ons en ons geliefdes waak, waar ons ookal mag wees of wat ons ookal mag doen.

Hoe meer ons in ons gebede onsself en ons geliefdes in Gods lig plaas, hoe meer besef ons dat daardie lig werklik in ons en om ons skyn. 'n Lig wat beskerm, 'n helder, stralende lig wat enige negatiwiteit wat ons probeer aanval, vernietig nog voordat ons eers daarvan bewus is.


Gebed: In die lig van ons Hemelvader is ons veilig!


~ Uit Daelikse Woord ~




Thursday, 26 January 2012




BESKERMING

U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou. 
Ps. 91:2

Heer, onder U vleuels neem ek my toevlug.  U is vir my ‘n veilige skuilplek – nou en vir ewig.  In U lig lewe en beweeg ek, en voel ek veilig, waar ek my ookal mag begewe.

Wanneer ek bid, voel ek u teenwoordigheid hier by my, en word ek opnuut daaraan herinner dat U altyd by my is – dat ek nooit van U af weg kan beweeg nie.  U vou my toe in U liefde, beskerm my, en maak my paaie voor my uit gelyk.

Vir geen oomblik gaan ek vandag vergeet dat U my toevlug en veilige vesting is nie.  Voor enige uitdaging staan ek sterk en sonder enige vrese.  Elke geleentheid sien ek raak en gaan ek entoesiasties tegemoet, want my vertroue is geheel en al op U.

Hoe vertroostend is die wete nie dat dit altyd U en ek is in alles wat my aangaan.  Op bekende en onbekende weë – in wat ookal van my gevra word om te doen, dit is U en ek, Heer.  U beskerm my en rig my in alles wat my te doen staan.

Gebed:  Onder U vleuels Heer, neem ek my toevlug!

~ Uit Daelikse Woord ~