Showing posts with label BID VIR ANDERE. Show all posts
Showing posts with label BID VIR ANDERE. Show all posts

Sunday, 21 October 2012





BID VIR ANDERE


Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet  bid vir dié wat julle vervolg.
Matt. 5:44


Ons bid almal vir ons geliefdes wanneer hulle in nood verkeer, maar bid ons ook vir diégene met wie ons probleme het wanneer hulle in nood verkeer?  Ons kan bid vir leiding vir iemand wie se dade en lewenswyse ons nie aanstaan nie.

Ja, as ons die waarheid wat Jesus ons geleer het nastreef, bid ons nie net vir die regverdiges nie, maar ook vir die onregverdiges;  nie net vir diegene vir wie ons lief is en respekteer nie, maar ook vir hulle met wie ons nie saamstem nie;  nie net vir diegene wat ons ons vriende noem nie, maar ook vir hulle wat skynbaar nie van ons hou nie.

Ons bid vir ‘n ieder en ‘n elk, omdat ons weet ons gebede sal vir hul tot seën wees, en ook omdat ons weet dat elke keer wanneer ons stil word in gebed, ons self ook al hoe nader aan ons Heer beweeg, om geseën te word in Sy liefde en lig, soos ook hulle vir wie ons bid om geseën te word.


Gebed:  Met liefde bid ek vir jou en seën ek jou.


~ Uit Daelikse Woord ~




Monday, 6 February 2012





BID VIR ANDERE


Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig. Joh 7:24


Ek mag so bekommerd wees oor die welstand en gesondheid van my geliefdes, dat ek skoon vergeet om hulle te seën met my positiewe gedagtes en gebede. Die omstandighede waarin hulle verkeer of hul ongesteldhede mag my gedagtes so in beslag neem, dat ek met kommer bid in plaas van met geloof.

Vandag besluit ek om, wanneer ek vir my geliefdes bid, te onthou om positiewe, opbouende, kragtige gebede vir hulle te bid. Ek sien hulle as wys, sterk en voorspoedig in die lig en liefde van God.

As daar onenigheid ontstaan het  tussen my en een van my geliefdes, of tussen hulle onderskeidelik, seën ek elkeen in die saak betrokke met my positiewe gedagtes en gebede. Ek oordeel nie op die oog af nie, ek oordeel regverdig. Ek dink, bid en doen dit wat tot die hoogste heil van elkeen van my geliefdes en ook vir my is.


Gebed: Geliefde, die lig van God skyn op jou, die liefde van God waak oor  jou!


~ Uit Daelikse Woord ~