BID VIR ANDERE
Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg.
Matt. 5:44
Ons
bid almal vir ons geliefdes wanneer hulle in nood verkeer, maar bid ons ook vir
diégene met wie ons probleme het wanneer hulle in nood verkeer? Ons kan bid vir leiding vir iemand wie se
dade en lewenswyse ons nie aanstaan nie.
Ja,
as ons die waarheid wat Jesus ons geleer het nastreef, bid ons nie net vir die
regverdiges nie, maar ook vir die onregverdiges; nie net vir diegene vir wie ons lief is en
respekteer nie, maar ook vir hulle met wie ons nie saamstem nie; nie net vir diegene wat ons ons vriende noem
nie, maar ook vir hulle wat skynbaar nie van ons hou nie.
Ons
bid vir ‘n ieder en ‘n elk, omdat ons weet ons gebede sal vir hul tot seën
wees, en ook omdat ons weet dat elke keer wanneer ons stil word in gebed, ons
self ook al hoe nader aan ons Heer beweeg, om geseën te word in Sy liefde en
lig, soos ook hulle vir wie ons bid om geseën te word.
Gebed: Met
liefde bid ek vir jou en seën ek jou.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment