VOLHARD EN GLO
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want
as ons nie verslap nie sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Gal. 6:9
Ek
hou aan om aan te hou. Ek weier om
ontmoedig te word deur wat mag lyk soos ‘n gebrek aan vooruitgang of deur
oponthoude. Ek wéét dat ek met Gods hulp
kán slaag en sál slaag.
As
my mikpunt gesondheid is, hou ek áán om aan te hou. Ek dink aan ‘n lewe van gesondheid. Ek volhard met die bevestiging van gesondheid
en heelheid. As dit lyk asof gesondheid
of genesing stadig is om plaas te vind, hou ek net áán om te glo. Ek word nie ontmoedig nie en ek raak nie
moedverlore nie. Ek, my familie,
dierbares, bure, vriende, kennisse en diere vir wie ek innig lief het kán
genees word en sál genees word. Ek wéét
dit en ek gló dit.
As
my mikpunt vir sukses in die een of ander spesifieke rigting is, raak ek nie
moedverlore wanneer dit lyk asof daar komplikasies is nie, of wanneer daar
struikelblokke is wat oorkom moet word nie.
Ek hou net áán om áán te hou. Ek
gló dat deur die krag van Christus in my ek meer as mans genoeg is vir élke
uitdaging in my lewe.
Met Gods hulp kán ek slaag en sál ek slaag!!
Gebed: Ek hou áán
om aan te hou! Met Gods hulp kán ek slaag want Hy ís in
beheer!!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment