Gebed vir 'n vriendin … ♥
Jesus, ek weet nie watter traumas in my vriendin opgehoop het nie, maar U weet alles.
Ek
hoor haar swyg; U hoor haar pleit.
Ek sien haar glimlag; U sien haar trane en angs.
Ek sien wat sy gee; U weet waarvan sy beroof is.
Ek ken haar standvastigheid; U ken haar gebrokenheid.
Ek sien haar skoon klere; U ken elke litteken in haar siel.
Ek beleef haar geloof; U ken haar twyfel.
Ek bring haar met hierdie gebed tot voor U troon en vra:
Here, gee vir haar alles wat sy nodig het, 'n sekerheid
dat U elke sekonde van elke dag en nag by haar is.
Amen
No comments:
Post a Comment