LAAT LOS LAAT GOD
Wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een
uur verleng?
- Luk. 12:25
As
ons ‘n gewoonte daarvan maak om alles wat ons pla, alles wat ons kwel, te plaas
in die hande van die Heer van ons hart, sal vrede en rus ons gemoed vul. Al ons kommer en sorge draai ons toe in ‘n
pakkie wat Hy by ons oorneem. Hy plaas
dit op ‘n ligrakkie binne-in ons versteekte toring van krag, waar dit omskep
word in ‘n stralende ligpakkie.
Vry
van die kommer wat ons skei van Sy liefde en krag, weet ons wat om te doen en
ons doen dit ook. Niks staan meer tussen
ons en Sy lig nie, en idees van wat om waar en wanneer te doen, skiet ons op
die regte tyd te binne. Die uitdaging
wat ons die lewe noem, word ‘n plesier, want ons weet Hy is in beheer.
Ook
ons liggame vind baat by hierdie leefwyse.
Dit wat uit harmonie is met Sy lewenskrag in ons, los ons aan Sy voete,
en strome van lewende water verkwik ons na siel en liggaam. Ons ontspan en doen alles maklik en sonder
moeite wanneer ons laat los en God alles in ons lewens laat hanteer.
Gebed: Ek laat
los en laat God alles hanteer!
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment