Foto: Madeline
REG
“My oordeel is
regverdig.” – Joh. 5:30
Die volgende gediggie van Martha
Smock (vry vertaal), is ‘n baie goeie verwysing na Gods regverdigheid:
“As ons maar die patroon van ons
dae kon sien,
Sal ons besef hoe baie draaie
daar in die pad was
waarlangs ons tot hier gekom het.
Ons moet die seer, die ompaaie en
vrese vergeet,
En besef dat ons langs geen ander
weg
kon kom nie,
Op geen ander manier kon groei
Tot dit waarmee ons nou geseën is
nie,
Langs hierdie trappe wat ons
voete
Soms so moeilik gevind het om te
klim.”
Met hierdie woorde in gedagte
moet ons ook onthou dat ons Heer altyd met ons is, altyd aktief deel is van ons
lewens. Die seer van die verlede is soos
niks in Sy liefde nie, en alles wat vir ons so uiters onregverdig lyk, is maar
net nog ‘n trap op die hoofweg van die siel.
Gebed: Gods
regverdigheid heers in my lewe.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment