BESKERMD
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my
God, my rots by wie ek skuil. - Ps. 18:3
Dierbare
Vader, hoe heerlik om so rustig en kalm te voel waar ek my ookal mag bevind,
omdat ek weet, U is met my. In U liefde
vou U my toe. U lig is soos ‘n skild om
my wat deur geen duisternis oorweldig kan word nie, en in U krag staan ek vas,
wat ookal die uitdaging. Ek is altyd op
die regte tyd op die regte plek, want ek wandel in U lig, en ken U op al my
weë.
Moet
ek op reis gaan – U reis saam met my, my troue Vriend en Medereisiger. Of die pad nou veilig of minder veilig is, ek
sal geen onheil vrees nie.
Moet
ek ‘n nuwe, vreemde toekoms aandurf – ook daar is U met my, nou en vir
ewig. U is en bly my rots by wie ek
skuil, my troue redder deur die ure van die dag en ook in die nag.
Hand
aan hand saam met U op my lewensweg kan ek nêrens wees waar U nie is nie, en ek
sal veilig en beskut in U huis bly, in lengte van dae.
Dankie,
Vader, vir elke heerlike kommervrye dag saam met U.
Gebed: U Heer,
is my Herder, en ek is veilig.
~ Uit Daelikse Woord ~
No comments:
Post a Comment